ʼn Vermeende rower is dood nadat hy glo ʼn 55-jarige man van Cowies Hill in Pinetown, KwaZulu-Natal Vrydagoggend oorval en die slagoffer tydens die struweling op hom losgebrand het.
Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die man het in die vroeë oggendure tuis gekom by sy huis in Buckingham Place. Hy is toe deur drie gewapende verdagtes oorval.
“Die slagoffer het ʼn skietwond in sy bors opgedoen nadat een van die verdagtes hom glo geskiet het. Hy het egter ook ʼn vuurwapen by hom gehad en het teruggeskiet, waarna die verdagtes te voet gevlug het,” het Zwane gesê.
Die polisie het vinnig gereageer en die slagoffer is na ʼn hospitaal gehaas. By nadere ondersoek het die polisie een van die verdagtes se liggaam gevind waar dit in nabygeleë bosse gelê het. Kort daarna is ʼn tweede verdagte ook in die bosse gevind waar hy weggekruip het. Hy is op die plek in hegtenis geneem.
Zwane sê die derde verdagte kon daarin slaag om te vlug.
Die 25-jarige verdagte wat vasgetrek is, sal binnekort op aanklagte van poging tot moord en poging tot roof in die Pinetown-landdroshof verskyn.
Maar di Staat wil met (uitgelekte info tot ons beskikking) slagoffers soos di, ni in di toekoms ‘n wapenlisensie vir selfverdediging toelaat ni…
Hulle moet twee keer dink voor hulle dit doen. Ons ont wapen nooit.
Baie mooi besig die
Mnr ek hoop jy herstel gou
Dankie dat jy jou wapen byderhand gehad het
AMEN
Dis hoe dit gedoen word!
EN dis hoekom daar altyd ‘n wapen nodig sal wees vir selfverdediging.
Jy gee eenvoudig nie jou vuurwapen in nie…spesifiek nie by die korrupte polisie nie…
N BOER SONDER N ROER IS N DOOIE BOER….LET WEL
Perd ek stem saam met jou . Indien jy jou vuurwapen inhandig word hy vir n appel en n ui aan die krimineel verkoop of dit verdwyn sommer uit polisie bewaring
dit gee weer bietjie moed vir die wat wil terug baklei teen hierdie gemorse. ek hoop maar die ou se storie draai n sukses uit as hy moet hof toe.