‘Rower’ dood ná skietery by Centurion Mall

Die toneel in die Centurion Mall waar die skietery plaasgevind het. (Foto: Twitter)

ʼn Vermeende rower is dood ná ʼn skietery by Centurion Mall in Centurion vroeg Donderdagaand.

Kapt. Dave Miller, polisiewoordvoerder, het gesê die groep rowers het ʼn winkel in die sentrum beroof. Veiligheidswagte is oor die situasie ingelig en een van die sentrum se wagte het die vier vermeende rowers genader.

Van hulle het hom klaarblyklik gesien naderkom en het losgebrand, het Miller gesê.

Die wag is gewond, maar het teruggeskiet. Een van die rowers is verskeie kere in die bolyf getref en sy makker is in die been gewond.

Miller het gesê dié man het buite die sentrum ʼn voertuig probeer kaap, maar is op die perseel in hegtenis geneem. Hy ontvang tans mediese behandeling.

Die ander vermeende rower is in die ambulans op pad na ʼn hospitaal dood.

“Nog twee verdagtes het gevlug en is steeds op vrye voet. Die polisie volg alle leidrade op,” het Miller gesê.

Polisieondersoekers het die toneel nog tot omtrent 03:00 vanoggend vir bewyse gefynkam. Dit is in dié stadium onduidelik watter winkel beroof is.

Miller het gesê die geld wat geroof is, is op die toneel teruggevind. “Die polisie het ook beslag gelê op twee vuurwapens.” Albei is gesteelde vuurwapens.

“Die veiligheidswag is in ʼn bestendige toestand in ʼn private hospitaal,” het Miller gesê.

Die winkelbestuur het in ʼn verklaring gesê hulle gee hul volle samewerking aan die polisie met die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Pieter ·

Daardie Sekuriteitswag verdien ‘n medalje! Ek hoop hulle sorg mooi vir hom.

Liberaal ·

Ja maar die van ons wat links is sal eerder die diewe goedpraat met stories soos dat hulle of hulle kinders honger was. Al ry hulle blink karre.

Johan ·

Daardie man is ‘n ware held. Ons het meer sulke manne nodig..

Susan ·

Mooi so di skelms en rowers moet besef ons gaan ni terug staan dat hulle alles roof ni. Knap gedaan aan di veiligheids wag. Hy net sy lewe beskerm deur terug te skiet

Lollie ·

Pragtig! Wens elke misdadiger loop sy rieme so styf dan sal SA weer ń paradys wees!

Oujongvrou ·

Ek hoop die wag kry moewiese bonus. Van die sentrum en die winkel. Wel gedaan. Iemand wat sy werk doen.

Se net ·

As hy nie medies het stig fonds almal kan ietsie bydra wel gedaan

gemini ·

Privaat hospital???
Hou hom daar aan lewe sodat hy alle nodige behandeling kry vir wat hy gedoen het.

DS ·

Hoe kan hulle nie weet watter winkel beroof is nie. Is dit nie die eerste inligting wat ingesamel sal word nie?

KrokodilBotha ·

Uitstekende werk van die wag. Hyt net sy werk gedoen. Mense is al so gecondition dat in so geval moet hulle nou skielik geldjies bymekaar maak vir n “held” wat net sy plig reg uitgevoer het. Tonnel visie……. Dis hoe die wereld veronderstel is om te werk. Het ons dan nou al so ver getrek dat dit n nuwe denkwyse uitbring?!

Cherokee ·

Krokodil, ek stem saam met jou. Hoef nie eens jou woorde te herhaal nie. Wàt ‘n belaglikheid!

Pam ·

Briljant gedaan Mnr Sekuriteitswag. Gee die man ‘n verhoging.

sweis ·

Wat ons miskyk is dat daar kinders in die mall is ,die skietery moet nie gebeur nie sekuriteit moet so opgeskerp word dat selfs die domste skelm twee keer sal dink voor hy n winkel in enige mall wil beroof.

Willehond ·

Sweis, kinders hoort nie daardie tyd van die aand in n mall nie. Ek dink dit is uitstekende sekuriteit! Ons het wa vragte van dit nodig in hierdie land van ons.

Cherokee ·

sweis, ek het nog nooit in ‘n mall ‘n kennisgewing gesien wat skiet in die gange verbode maak nie.

Karlahari ·

En hoe gaan jy dit doen?
If guns are outlawed, only outlaws will carry guns….

AndrewL ·

Eish sweis, vertel bietjie hoe dit gedoen moet word. En moet tog net nie Gun Free South Africa aanhaal nie.
Wel gedaan, sekuriteit!

marous ·

Dis baie jammer om te hoor dat daar een hospitaal toe is …

Petrus ·

Dan wil Cele nog die sekuriteits wagte se wapens afvat hy moet sy kop laat lees.

Elma ·

Hulle was tot 3h00 besig om leidrade op te volg, maar weet nie watter winkel is geroof nie.

Privaat hospitaal???? wie se hy het medies…….hoekom nie staatshospitaal nie?

Antoon ·

Liewe Elma, hierdie val onder ‘n besering aan diens. Dus moet die Werkersvergoedingsfonds betaal (en hul betaal privaat mediese sorg) plus meeste maatskappye het hul eie versekering ook. Hierdie sekuriteitswag verdien die beste sorg moontlik. En as daar ‘n probleem is kan sy werkgewer gerus betaal – dis die minste wat hul kan doen.

Anne ·

Wel gedaan aan die dapper sekuriteitswag. Word gou gesond ou maat. Jy het jou taak uitstekend verrig. Nie alle sekuriteitswagte werk saam met misdadigers nie. Jy gee ons hoop.

Nettie ·

Miskien welgedaan aan die sekuriteitswag wat teruggeskiet het …. MAAR het enige iemand al gedink daaraan dat DOODGEWONE mense soos ek en jy, wat dalk ‘net gou’ by Pick ‘n Pay ingedraf het om ‘n liter melk en ‘n brood te koop, in die heen-en-weer-skietery beseer en/of gedood kon word?

Sou julle dan almal nog die sekuriteitswag geluk gewens het, of sou julle eerste in die ry gestaan het met openbare aanspreeklikheidseise teenoor die sentrum? Vra my, ek weet.

Zorro ·

Hi Nettie, Ja die man het sy werk gedoen en hy is dapper. Jy was gelukkig nie naby daardie toneel nie.

AndrewL ·

Jitte, Nettie. Dis nou soos om te vra dat hulle jou eerder beroof, martel en skiet.

Petrus ·

Nettie lees die berig die rowers het eerste geskiet,dink jy hulle gee om vir doodgewone mense se lewens. Die wag het terug geskiet en daardeur vehinder dat nog meer skote afgevuur word, wees dankbaar dat hy gewapen was.

My Jinne! ·

As ‘n werknemer in die uitvoering van sy plig beseer word en sy werkgewer dra by tot die Ongevalle Kommissaris se fonds (wat hulle veronderstel is om te doen) dan is hierdie ‘n Besering-aan-diens geval en sulke mense word privaat behandel. Dit is hoe dit is, en so sal ek en jy ook behandel wil word

Magaretha van heerden ·

Als goed en wel. Was dit n wit wag is hy nou op vir moord. Die land het totaal Goddeloos geword. Geen geregtigheid meer nie. Daarmee se ek nie dit is nie reg dat dit nie n moordsaak word nie. Natuurlik was die skietery nodig maar ek se maar net as dit n witte was het dit anders gelyk.

Bly stil ·

As jy nog deel van n gewapenderoof was nie, is dit nou n goeie tyd om stil te bly. Maggies, my vrou het nie meer haar toupand of trouring nie. Ek verstaar my altyd na vroue wat dit nog het. Was nog nie die gesig van n loop nie.

Viola ·

Goed gedoen. Hoe meer hulle in die proses gedood of gewond word sal hulle dalk eendag twee keer dink voor hulle weer probeer- ek hoop…..
Almal wat tak en kerm, soek ‘n ander winkel sentrum en kyk of jy daar veiliger sal wees, sterkte met daardie soektog.

ida ·

Nettie jy en sweis is die enigste mense wat sense praat.
Mens kannie sommer net in n Mall skiet nie. Daar is teveel ander onskuldige mense wat getref kan word. As die wag nie gewapen was nie sou die rowers nie op hom geskiet het nie. Want dan was hy nie n bedreiging vir hulle nie.

Johan ·

Jy praat snert. Hoeveel mense wat geroof word in hulle eie huise word net nie geskiet nie? Dan is hulle nie eers gewapen nie.

Karlahari ·

My eerste antwoord aan jou is verwyder ida.
Kom ek stel dit sagter.
Word wakker. Jy leef in n droom wêreld….
As jy op n gewapende roof gaan gaan jy met die besluit om te skiet as jy vasgekeer word.
Voor die voet. Man vrou of kind. Soos by plaasmoorde gebeur.
Pasop jou droom nie n nagmerrie word nie.

Jr ·

Huhh Suid Afrika. Nou gaan die sekuriteit man vir moord aangekla word. Die gehoorsame burger gaan nou moeilikheid hê. Een of ander minister gaan die familie besoek en simpatie toon. Dan kry hulle geld en ‘n huis

Pieter ·

Korrupte regstelsel gaan weer moord probeer bewys op die krimineel.

humor ·

En wragtig ida jy voeg jou ook nog by die onredelikes. Hoe op aarde kan n sekuriteitswag in dese dae sy plig volvoer sonder om bewapen ye wees. O jy verwag van hom om n sagte teiken te wees en sy lewe op die spel te plaas. En dan praat jy nogal van” sense” Sekere kommentare darem????

Johan ·

Ek wil net vir drie mense wat die Sekuriteit wag kritiseer se, julle praat deur julle nekke. Hoeveel mense wat nie in hulle eie huise geroof word, word nie geskiet nie? Dan het hulle geen wapens by hulle nie. Soos die plaas boere wat gereeld vermoor word.
Daardie rowers sou enige iemand geskiet het, wat in hulle pad gestaan het, met of sonder wapens.

Johan Swart ·

Ek dra my pistool by my in my kortbroek-sak of denim-sak al gaan eet ek in die mall wat sê “No FireArms”….ek het dit by my soos my selfoon en huis-sleutels.

Ja en Nee ·

Margaretha Van heerden moet alles dan wit of swart wees liewe hemel man onskuldige mense kon sterf en as die wag die wag nou swart was ten minste het hy nog naaste sorg en liefde

ida ·

Ag Johan, karlahari ens. kan julle asb. appels met appels vergelyk?
Jy kan nie n sentrum roof met n plaasmoord vergelyk nie.
Is julle werklik so naief om nog te glo dat plaasmoorde en aanvalle op boere net gewone roof is? Hulle vermoor die boere en vat soms net n selfoon of tv.
Doen bietjie jul huiswerk en kyk hoeveel sentrums se wagte is met vuurwapens toegerus. Bitter min. En dan kan julle sommer die bestuur gaan vra hoekom het hul wagte nie vuurwapens nie.
Dalk leer jul iets in die proses.
Groetnis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.