Twee ‘rowers’ dood ná skietgeveg by winkelsentrum

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Twee vermeende rowers is Dinsdagoggend in ʼn parkeerterrein by die Clearwater Mall in Roodepoort doodgeskiet.

Cecile Braun, bemarkingsbestuurder van die sentrum, het aan Maroela Media gesê ses gewapende mans het glo Dinsdagoggend ʼn voertuig van ʼn logistiekmaatskappy probeer beroof. Daar was glo elektroniese goedere soos skootrekenaars in die voertuig.

Volgens Braun het die polisie egter die vermeende rowers se planne in die wiele gery en is twee van die rowers in die proses doodgeskiet. “Twee rowers is gewond en die ander twee is in hegtenis geneem.”

Ao. Karen Jacobs, woordvoerder van die Honeydew-polisie, was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie. Braun het gesê bedrywighede by die winkelsentrum is nie geraak nie en die sentrum is oop.

Die voorval volg nadat ’n vermeende rower Maandag in die parkeerterrein van die Menlyn-winkelsentrum in Pretoria geskiet is. Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jollie ·

Geen grap as jy gou ontbyt eet en dan skielik moet platval nie…. ek is baie bly die polisie het hulle geskiet… ek is klaar met hierdie land.

Bloues ·

Jollie ek neem aan jy was daar? Ek was oppad om vir my iets te gaan koop by die Mall maar omdat my knie seergekry het ,het ek ons skoonmaker gevra om gou oor die straat te stap. Sy was net uit by die parkeer area toe die skietery plaasgevind het. Sou ek geloop het sou ek seker nog binne of in die parkeer terein gewees het want ek loop maar sukkel sukkel.
Ai dankie tog!

pop ·

Dis erg as mens hoor iemand is doodgeskiet en jy JUBEL. n Gevoel van lekkerte oorval mens skoon. SA het my in n monster verander.

Alicia ·

Ek stem saam Pop. Ek voel ook skuldig omdat ek in my hart wil jubel dat twee “vermeende rowers” doodgeskiet is. Ek dink die rede is omdat ons so woedend en magteloos voel wanneer ons lees van onskuldige mense wat koelbloedig vermoor word, en dan noem hulle – die saak word ondersoek en niemand is in hegtenis geneem nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.