Rower dood ná skietgeveg met polisie

(Argieffoto)

’n 38-jarige vermeende rower is Sondag dood ná ’n skietgeveg tussen hom en die polisie in Ndwedwe in KwaZulu-Natal.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die polisiebeamptes het inligting ontvang van ’n man wat lukraak skote afvuur in die Okhambeni-omgewing in Ndwedwe. Die polisie het na die omgewing gegaan om ondersoek in te stel.

“Toe die verdagte die beamptes sien, het hy op hulle begin skiet,” sê Mbele.

Mbele sê die beamptes het die verdagte in die proses raakgeskiet. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk. Hy was in die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.

Volgens Mbele is die polisie sedert verlede Augustus al op die verdagte se spoor in verband met ’n huisbraak. Sake van roof, poging tot moord en die besit van ’n onwettige vuurwapen is middel Augustus verlede jaar by die Verulam-polisiekantoor teen die verdagte aanhangig gemaak.

Mbele sê die verdagte het glo by ’n huis ingebreek en ’n 9 mm-pistool, televisie, skootrekenaar en selfoon gebuit. Die verdagte word ook verbind met motordiefstal in die Ndwedwe-gebied.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, sê hy was verlig dat daar nie ’n beampte tydens die skietery gewond is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Prikkie ·

Moet tog nou net die die SAPD manne vir moord aankla nie. Die grootbaas, oeps, verkeerde woord keuse! Die minister het gesê “skiet om dood te skiet” en ja, dit is wat meeste mense sal doen wanneer daar op jou gevuur word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.