Rower dood toe wegkommotor bots

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

ʼn Vrou in die winkel is in die been geskiet, waarna die rowers met kontant, selfone en ander voorraad gevlug het.(Argieffoto ter illustrasie: Kent Williamson)

ʼn Vermeende rower is dood nadat die voertuig waarin hy en sy makkers gevlug het, teen ʼn ander voertuig vasgejaag het.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê vyf verdagtes is Vrydag kort voor 11:00 ʼn winkel in Sidwell, Port Elizabeth, binne waar hulle die werkers met vuurwapens aangehou het.

ʼn Vrou in die winkel is in die been geskiet, waarna die rowers met kontant, selfone en ander voorraad ten bedrae van sowat R5 000 gevlug het.

Hulle is vort in twee voertuie, ʼn wit Honda Ballade en ʼn silwerkleure Citroën.

Volgens Beetge het die Honda in die wegkompoging teen ʼn ander voertuig gebots en dié het weer in ʼn vragmotor vasgery.

“Die verdagte in die Honda Ballade is op die toneel dood, terwyl nog ʼn verdagte – een van die passasiers – beseer is. Die ander verdagtes het gevlug,” sê Beetge.

Sommige van die gesteelde goedere is in die voertuig gevind.

Die beseerde verdagte word onder polisiebewaking in ʼn hospitaal behandel.

Die bestuurder van die voertuig waarin die verdagtes vasgejaag het, is ook na ʼn hospitaal geneem, terwyl die vragmotorbestuurder ongedeerd van die ongeluk afgekom het.

Beetge sê die polisie verwag dat nog inhegtenisnemings binnekort gedoen gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Windhond ·

Verdere arrestasies kan verwag word sodra die siek beskuldigde beter genoeg voel om vrae te beantwoord

Nico ·

Nou kry die verdagte gratis in die hospitaal verpleeg, laat hy vir sy eie hospitaal koste betaal.

OW ·

Suid-Afrika in sy geheel kan as misdaad vodde beskou word.Solank die Polisie wat ‘n sleutel portefeulje is,aanhou met sy onbevoegde topbestuur,sal misdaad die botoon voer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.