Rower doodgeskiet, drie gewond

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Rower is doodgeskiet en nog drie is gewond nadat hulle ʼn pizzawinkel in Fairland, Johannesburg beroof het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die vier rowers en veiligheidswagte het Saterdagaand in ʼn skietgeveg betrokke geraak in 14de Laan. “Daar word beweer dat die bestuurder van die pizzawinkel buite die winkel gestaan het toe hy deur die gewapende verdagtes gekonfronteer is. Hy is deursoek en sy beursie en selfoon is gesteel.”

Volgens Dlamini het die verdagtes die bestuurder in die winkel ingedwing. Hulle het personeel beveel om op die grond te lê waarna hulle met ʼn skootrekenaar, selfone en kontant gevlug het. Veiligheidswagte het die verdagtes voorgekeer en ʼn skietgeveg het uitgebreek.

Een van die verdagtes is by ʼn nabygeleë vulstasie gevind en is Sondagoggend dood. Die drie ander verdagtes word onder polisiebewaking in die Helen Joseph-hospitaal behandel. Die polisie het op die gesteelde goedere en ʼn ongelisensieerde vuurwapen beslag gelê. Die drie verdagtes sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

kerneels van schalkwyk ·

So moet al die rowers en moordenaars vrek geskiet word. As hulle gevang word wie betaal vir hulle verblyf. N. Koeel kos minder

alet ·

Gaan daar ook n moord saak opgemaak word na die veiligheiswag een dood geskiet het vra net.Want as die blankes een dood skiiet word hulle aangekla vAn moord

alet ·

Gaan daar ook n moord saak opgemaak word na die veiligheiswag een dood geskiet het vra net.Want as die blankes een dood skiiet word hulle aangekla vAn moord.boere word vermoor en as daar geskiet word is jy ook n misdadiger hoe nou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.