‘Rower’ doodgeskiet in gyselaarsdrama

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

ʼn Gewapende rower is Donderdag tydens ʼn skietgeveg met die polisie en gyselaarsdrama in Mkuze, KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Ao. Zwelisha Gumbi, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is na BFS Loans, ‘n leningsonderneming, ontbied terwyl ʼn gewapende roof reeds aan die gang was. Polisielede het hulle na die toneel gehaas waar die rowers op hulle losgebrand het. Die polisie het teruggeskiet.

“Een van die mans, glo 25 jaar oud, is gewond en later dood,” het Gumbi gesê.

Die tweede rower het homself in die kantoor toegesluit en verskeie mense gyselaar geneem. Die gyselaars het werknemers en kliënte ingesluit. “Die man het homself later aan die polisie oorgegee,” het Gumbi gesê.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê hulle het probeer om die gewonde man weer by te bring, maar dit was tevergeefs. Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Strydom-:Stryslim eerder ·

Jy jou gemors gaan nie weer roof nie….mooi so!

ig ·

Dit gaan my verstand te bowe dat iemand nog die skermunkel se lewe probeer red.

Remondo ·

Hoekom Rower in aanhalings tekens? Hy was daar met n geweer en het mense gedwing om hom geld en goed te gee … vir my is dit n definiesie van n dief

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.