Rower doodgeskiet toe hy motoris met speelgoedgeweer dreig

Die misdaadtoneel digby langs die N2-snelweg digby die Kempston-afrig in Port Elizabeth (Foto: Bosbeer, Twitter)

ʼn Vermeende rower is Vrydag in Port Elizabeth in die Oos-Kaap doodgeskiet toe hy glo ʼn motoris en sy vriend probeer besteel het. Hy het glo ʼn speelgoedgeweer op hulle gerig, maar is in die proses doodgeskiet.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê die 40-jarige motoris se Nissan Almera het die oggend langs die N2-snelweg digby die Kempston-afrit in Port-Elizabeth onklaar geraak. Hy het ʼn vriend (34) omstreeks 08:30 gebel en om hulp gevra. Sy vriend het ʼn ruk daarna in ʼn Mazda daar aangekom.

Dié gebied tussen die Uitenhage- en Kempstonweg-afrit word as ʼn brandpunt vir motorkapings en voertuigdiefstalle bestempel.

“Terwyl die twee mans besig was om die fout aan die motor te soek, het ʼn man hulle genader. Hy het gevra of hulle vir hom R5 het. Hulle het aangedui dat hulle nie het nie en die man het weggestap,” vertel Naidu.

“Hy het glo teruggekom en ʼn vuurwapen op die mans gerig. Hy het die sleutels van die voertuig, hul selfone en ʼn beursie geëis. Die motoris se vriend het egter sy vuurwapen uitgeruk en die vermeende rower in sy hand en bors geskiet. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk.”

Volgens Naidu is dit later vasgestel dat die vuurwapen wat die 23-jarige rower op die mans gerig het, ʼn replika van ʼn vuurwapen was, en nie die ware Jacob nie.

“Die polisie in Algoa Park ondersoek ʼn saak van poging tot kaping en roof sowel as moord.”

Die polisie waarsku motoriste om nie bedags of saans langs die N2-snelweg te stop nie, veral nie tussen die Uitenhage- en Kempstonweg-afrit nie.

“Indien motoriste verplig is om langs dié snelweg te stop weens meganiese probleme, moet hulle hul motor daar laat en iewers anders vir padbystand wag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Daleen ·

Dis al male sonder tal verduidelik op die platform. Omrede iemand doodgeskiet is moet daar ‘n geregtelike moord ondersoek gedoen word. Dit is die proses wat die wet moet loop. Daar is nie’ n proses van “ek het iemand doodgeskiet uit selfverdediging nie” – so dis ‘n “moord” ondersoek tot die ondersoek afgehandel is.

groenboer ·

Dit is onwaarskynlik dat dit moord kan wees, maar as iemand geskiet word, moet die polisie dit as ‘n moontlike moord ondersoek. Na alle waarskynlikheid sal die moordsaak gou teruggetrek word.

Niel ·

Standaard prosedure. Daar moet seker gemaak word daar was in selfverdediging opgetree. So dit bly moord tot die teendeel bewys word.

Anoniem ·

Ja Jean. Jou spelling van die woord is heeltemal korrek. Maar jy spreek dit só uit: Port Elizabeth.

Misky ·

Jy het my dag gemaak Melaney en ek lag dat die trane rol!!!!!

Cherokee ·

Selfs die weervoorspellers noem dit Tkeberha (Gqeberha) nou. Só gedienstig :-(

kolonel ·

So moenie by jou kar wag nie – gaan wag iewers anders. Is jy nie in transito na iewers anders ook maar blootgestel aan misdaad nie?
So sodra jy die gebied tussen die twee afritte verlaat is jy veilig? Dankie tog!
Klink vir my eerder of ‘n gewapende vriend of self ‘n BAIE beter voorstel is ;-)

Ansie ·

Geen simpatie nie. As jy jou uitgee vir ‘n toffie moet jy verwag om gekou te word.

JohanR ·

Wat is dai Engelse gesegte…..don’t point a gun in jest, it might jest go off. Totsiens rover met speel geweer!

Stefan ·

Ja, nou sit die arme ou met ‘n klag van moord teen hom.
As ‘n vuurwapen op jou gerig word, word dit volgens wet mos dieselfde as gebruik gesien en het jy die volle reg om eerste te skiet om jou lewe te verdedig.
Moes hy eers ondersoek het of die vuurwapen wat op hom gerig is die ware jacob is?

Piet parys ·

Hoe de hel kan die polisie sê jy moet jou kar daar laat . As dit n probleem area is polisie maak werk daarvan om die probleem area veilig te maak . Bedank as jy nie kan nie en moenie net wag vir jou salaris end van die maand deur in jou kantoor te sit of in die polisie voertuig lê en slaap en wag vir jou pensioen nie . Toe jou pa vir jou vra wat wil jy eendag word ……..toe sê jy seker ( wakker)

Fedup ·

Well, i can say lesson learned, but that sounds harsh.
Anyhoo, who in his right mind will leave his/her car with car trouble and walk to a safer spot?
Come on, really?

Sandra ·

Ek ken daardie afrit. So as my kar breek moet ek uit my kar klim, en ander plek toe loop om te wag vir hulp. Ek vrou alleen moet nou wegloop van my veilige kar om die “rowers” nie te tempteer nie?

Tino ·

So as jou kar breek moet jy hom los dat hulle hom kan plunder. Nee wat, wees op jou hoede met ‘n gelaaide kettie.

Welgedaan!

Misky ·

As die polisie weet waar die probleem area is, hoekom nie vandaar patrolleer nie en wees sigbaar. Jinne, nou moet jy vrou alleen daarvanaf loop as iets gebeur???? Gesonde verstand ontbreek julle

Deon ·

“Indien motoriste verplig is om langs dié snelweg te stop weens meganiese probleme, moet hulle hul motor daar laat en iewers anders vir padbystand wag.”……. WAAR!!!! Miskien moet julle eerder die pad patrolleer om polisie sigbaarheid te verhoog, begin julle verdomde werk doen en vang die mense wat so lekker aktief op die “high crime” areas wei….. Julle weet mos nou daar is n probleem, doen julle werk en sorteer dit uit asseblief.

Mariana ·

Hmmm ja moes die man dan nou weet dis ‘n speelgoed geweer. Hulle lewens was bedreig en hy het opgetree. As jy met vuur speel, verwag om te brand. Moord of poging tot moord, nee ek dink nie so nie. Selfbeskerming sal beter wees.

Andries ·

Die EEEE’s moet hul werk doen en die mense op die paaie beveilig.

Yvonne ·

Die rower kry voorkeur,,,hy mag op die pad roof….nou hoe werk dit nou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.