‘Rower’ doodgeskiet tydens huisbraak

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende rower is Dinsdag doodgeskiet tydens ʼn huisbraak in Pinetown, KwaZulu-Natal.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê vier verdagtes het omstreeks 19:00 die huis in Caversham binnegegaan. Hulle het twee broers, onderskeidelik 36 en 34 jaar oud, in die huis oorrompel en beveel om op die vloer te lê. Die verdagtes het juweliersware, twee plasmatelevisiestelle, ʼn skootrekenaar en drie selfone bymekaar gemaak.

“Een van die [broers] kon daarin slaag om sy vuurwapen in die hande te kry en het skote op die rowers afgevuur. Die verdagtes het teruggeskiet en die [broer] gewond,” het Naicker gesê. Een van die rowers is tydens die skietgeveg noodlottig gewond en is op die toneel dood. Die ander drie verdagtes het op die vlug geslaan.

“Die broer wat raakgeskiet is, is in ʼn stabiele toestand na die hospitaal geneem,” het Naicker gesê. Aanklagte van gewapende roof en poging tot moord word ondersoek en ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jakes ·

As die Redakteur van die forum my kan antwoord: Die nuwe tendens om in opskrifte rower, verkragter en moordenaar in aanhalingstekens te skryf? Gaan die volgende wees ‘oorledene’ ? Ek het op ‘n vorige kommentaar ook gevra, tog gee niemand ‘n rede hiervoor.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jakes

Ek het ook op jou vraag in die kommentaargedeelte onderaan die berig “‘Rowers’ deur polisie doodgeskiet“, reageer.
Die persone is nog nie in ‘n hof skuldig bevind aan enige misdryf nie.
Ons stel onsself bloot aan moontlike vervolging indien ons dit nie só met die aanhalingstekens skryf nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

anet ·

Baie dankie Sune, ek het ook altyd gewonder hoekom word dit so geskryf, en nou verstaan ek ook die redes daarvoor

jakes ·

Sune’, dankie vir die verduidelikking, tog maak dit nie sin. Regdeur berig word rower/ s dan sonder die aanhalingsteken geskryf? Hierdie politiekkorrektheid/ passopenwees houding is sekerlik nie nodig, noem ‘n ding op sy naam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.