‘Rower’ doodgeskiet tydens Nigel-rooftog

Argieffoto

Argieffoto

Een vermeende rower is dood en ʼn lid van die gemeenskap en ʼn polisiebeampte is geskiet tydens ʼn rooftog by ʼn internetkafee Saterdagaand in Nigel, Gauteng.

Ao Tommie Tomlinson, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die mans het op die internetkafee in die sentrale besigheidsdistrik toegeslaan. “Die polisie het op die toneel gereageer en een van die vermeende rowers is doodgeskiet. ʼn Lid van die gemeenskap is ook geskiet.”

Hy kon nie bevestig of die lid van die gemeenskap ʼn lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum is nie.

“Een van die polisiebeamptes is skrams in sy been getref. Ons het ook een verdagte in hegtenis geneem,” het Tomlinson bygevoeg. “Twee persone het van die toneel gevlug.”

Volgens Tomlinson het polisiebeamptes beslag gelê op ʼn groot bedrag kontant, ʼn rekenaarboks, ʼn kluis, en klomp selfone wat van die klante geroof is. “Die twee persone wat gevlug het, het waarskynlik baie min, indien enigiets, gebuit.”

Die verdagte wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie ·

Aggenee!!! Vir ‘n wyle het ek goed gevoel oor die “skelm” se dood. By myself gedink: “Dit behoort hulle ‘n biki af te skrik…” Ek sal my niè verbaas as hulle tydens ‘n erediens in ‘n kerk sou instap om beursies & selfone te roof nie…. Indien daar nog kerke of aanbiddingsplekke is, wat niè gesluit word tydens dienste nie, sou ek diè bestuur daarvan aanraai, om dit sònder versuim, ‘n instelling te maak…

Surfer ·

Waarom sulke bedrae geld by n “internetkafee”, is dit nie dalk n onwettige dobbelplek nie?

Cherokee ·

Ag jong Surfer, as die kêffie op die hoek ook meer geld maak as wat jy sou dink sal jy dit ook beskryf as ‘n onwettige dobbelplek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.