Rower doodgeskiet wat toelaes wou steel

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Rower is vroeg Woensdag by ʼn maatskaplike toelaag-betaalpunt in Embalenhle, naby Secunda in Mpumalanga, doodgeskiet nadat ʼn groep boosdoeners probeer het om een van die tellermasjiene op te blaas.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het by ʼn winkelsentrum in Embalenhle plaasgevind. “Nagenoeg 100 pensioenarisse het na die betaalpunt gegaan om hul maatskaplike toelae te ontvang,” het Hlathi gesê.

“ʼn Groep rowers met vuurwapens het na bewering die gebied bestorm en ʼn struweling het tussen ʼn veiligheidswag en een van die rowers ontstaan. Die veiligheidswagte en die rowers het skote geskiet en een van die rowers is doodgeskiet.”

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Hlathi het gesê een van die ander rowers het intussen reeds ʼn ontsteker in een van die tellermasjiene geplaas. Iemand het terselfdertyd ook die polisie ontbied.

“Toe die verdagtes sien die veiligheidswagte is opgewasse vir hul taak en die polisie is ontbied, het hulle in drie voertuie op die vlug geslaan. Die voertuie was twee Mercedes Benz-motors en ʼn silwerkleurige Audi. Die nommerplate is onbekend.”

Hy het gesê enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kapt. Mangondzweni Nkosi by 079 891 5324 te bel of die naaste polisiestasie te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Uiteindelik ·

Uiteindelik veg die mense terug .. Dit is nooit goed as enige lewe geneem word nie, maar te veel onskuldige slagoffers se lewens is sedert 1994 geneem en misdaad het net toegeneem en die polisie het geleidelik beheer oor die situasie verloor .. Dis goed om te sien dat mense wat AANGEVAL word hulleself nou verdedig teen boosdoeners.

Alida ·

Skynbaar nog nooit gehoor van elektroniese oorbetalings nie. Ai Ai

simon ·

Dis seker nog altyd so wanneer een boosdoener se identiteit bekend is (lewendig of dood) kan die ander lede van die bende vinnig ge-identifiseer en aangekeer word.
Vertrou dit gaan hier ook gebeur.

Anna ·

Sassa doen geen eft, nie, Sien rowers ry m/ benz en audi, wonder of hulle paaimente betaal moes word. Omtrent tyd dat rowers ook kry wat hulle toekom.

Annie ·

Hulle hoef nie te koop nie … julle het mos die reg om te vat … golden handshake to the guard .. job well done!!!

Landi Maree ·

Hemel di arme pensioenarisse kry skaars genoeg om van te lewe en nou dit
Kyk wat ry hulle
Het ni di geld nodig maar steel is mos geregverdig in die land

Kas ·

Die veiligheidswag is n held, mooi so en mag misdadigers almeer in die grond ingewerk word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.