Rower duik haar van fiets af

Holtzkampf-Mayer (regs) en Matthee. Foto: Verskaf

Holtzkampf-Mayer (regs) en Matthee. Foto: Verskaf

‘n Fietsryer van Kaapstad is die naweek van haar fiets af geduik deur ‘n rower.

Bianca Holtzkampf-Mayer (36), ‘n ervare fietsryer, en haar vriendin Maroesjka Matthee (25), ‘n fietsrykampioen, het Saterdagoggend op die R304 verby Khayamandi buite Stellenbosch gery toe die voorval plaasgevind het.

Holtzkampf-Mayer het aan Maroela Media gesê daar het drie mans langs die pad gestaan. “Een van die mans het my letterlik van my fiets af ‘getackle’. Wat my die meeste onkant gevang het, was dat hy nie eers omgekyk het nie, hy het presies geweet wanneer om my te duik. Duidelik is daar nog mense betrokke wat hulle ‘n sein gee wanneer dit die regte tyd is.”

Holtzkampf-Mayer sê nadat sy van haar fiets af geval het, het die drie mans op haar toegesak. “Dit gebeur so vinnig. Twee van die mans het my begin betas, een van voor en die ander een van agter. Die derde persoon is die waghouer gewees. Ek het uiteindelik tot my sinne gekom en vir hulle gesê: ‘Just wait, you want my money and my cellphone’. Toe het ek dit uitgehaal en vir hulle gegee.”

Matthee het intussen hulp gesoek en kon daarin slaag om ‘n motor te kry om stil te hou en die verdagtes het gevlug. “ Wat my wel verbaas het, is dat daar motoriste is wat die voorval gesien het en nie eers gestop het nie,” sê Holtzkampf-Mayer.

Sy het raad vir ander fietsryers. “Oefen in groep en verwag altyd die onverwagse. Verskerp jou vermoë om jou fiets te kan hanteer sodat jy vinnig kan wegry of op sypaadjies en ander hindernisse kan spring. Jy moenie dat die vrees jou verhoed om aktiwiteite soos fietsry te geniet nie.”

Holtzkampf-Mayer het die saak by die Brackenfell-polisie aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gideon Erasmus ·

Ai, ek kry julle Kapenaars so jammer. Dit is maar net die begin van baie ellende vir julle. Ek was Maart in Strand en omgewing met vakansie en het vir my vrou gesê, die pragtige Kaap word geteiken, want dit lyk of die hele Afrika daar toegesak het. Ek wil nie Afrika beeldjies van leeus, olifante en armbande van orals in Afrika te koop sien in Kaapstad nie, om nie eens te praat van die waterfront nie. Die Kaap was vir my altyd proteas, laggende geselsende mense maar Kaapstad voel vir my nou gevaarlik. Ek bly maar liewers hier in die Limpopo provinsie en ervaar Afrika sonder om vêr te ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.