‘Rower’ geskiet in mislukte rooftog

Argieffoto

Argieffoto

‘n Vermeende rower is Maandagoggend tydens ‘n mislukte rooftog by ‘n Shoprite-winkel in Soweto geskiet en gewond.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die rower het glo in die winkel gestaan en wag toe G4-veiligheidswagte opgedaag het. “Die verdagte het glo probeer om kontant by die veiligheidswagte te steel toe een van hulle hom geskiet het.”

Makhubela sê die rower is in die nek geskiet. “Hy het sy vuurwapen laat val en weggehardloop.” Makhubela sê die verdagte het na ‘n wegkom-motor, wat buite gestaan en wag het, gehardloop en in die motor gespring voor dit weggejaag het.

Volgens Makhubela was die rower alleen in die winkel en het nog ‘n rower buite wag gehou. “Die G4-veiligheidswagte is nie beseer nie en niks is gesteel nie.”

Die polisie soek intussen na die wegkom-motor en verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.