ʼn Vermeende rower is doodgeskiet tydens ʼn huisroof Donderdagaand by ’n huis in Bryanston in Johannesburg.
Kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.
Volgens Dlamini het die huiseienaar geslaap toe hy net na 21:00 deur vier rowers in sy huis in Stratonlaan oorval is. Die rowers het die huiseienaar glo wakker gemaak voordat hulle op hom geskiet het.
Die huiseienaar (50) het sy gelisensieerde vuurwapen op die rowers gerig en verskeie skote is in die proses afgevuur. Een van die rowers, vermoedelik in sy vroeë twintigs, is raakgeskiet.
Shawn Herbst, Netcare911-woordvoerder, het gesê paramedici is omstreeks 21:33 na die toneel ontbied.
Die vermeende rower is deur paramedici ondersoek waarna hy op die toneel dood verklaar is. Die huiseienaar is ongedeerd, maar is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir traumabehandeling.
Die ander drie rowers kon daarin slaag om te ontsnap. Geen besittings is tydens die huisroof gesteel nie.
Dlamini sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.
Dit was die regte ding om te skiet, jammer dat verskeie skote geskiet is en net een het getref. Daardie rower sal nie weer toeslaan nie, hopelik skiet die volgende slagoffer die ander drie want hulle sal beslis weer probeer.
mooi man. Wel gedaan.
Mooi ons is gatvol
DIE MAN SAL NOU SEKER WEER AANGEKLA WORD VIR MOORD
Maak nie saak hoe of wat nie, n MOORD dokket sal ALTYD geopen word, dis protocol. NIKS te doen met velkleur nie.
Ja sure Ean ek glo jou veral in die nuwe Suid Afrika…Sure……whatever…
….dit sal heel waarskynlik gebeur.
Dis prosedure.
Dir beteken nie die man gaan skuldig bevind word of tronk tow nie. Dis net stappe wst gevolg moet word “statistieke”
Ean, of dit nou protokol of wat ook al is, die feit is dat die man wat uit noodweer opgetree het, geweldige spanning en baie onkoste gaan hê as hulle ‘n moorddossier oopmaak. Nou is hy nie net ‘n slagoffer van misdaad nie, maar ook van die reg!
Hoekom word dit ‘Rower’ genoem? As drie mense in die middel van die nag by jou huis inbreek is dit nie omdat hulle verdwaal het of kom koffie drink het nie……..
Ean jy is verkeerd, in hierdie geval is die regte ‘prosedure’ wel gevolg om ‘ Geregtiglike Ondersoek’ te open – dit is nie nodig om in alle gevalle eers ‘n Moord dossier te open nie.
Dankie SAPD vir die korrekte optrede.
Priscilla, dit is so waar ! Ongenooide gaste, sonder maniere, kyk die TYD ?
Ja Priscilla, ek het ook gewonder. Die ‘rowers’ wat ‘weggekom’ het kan seker aanvoer dat hulle eintlik net wou vra waar die naaste busstop is, en glad nie wou roof nie, en hulle het dus ‘gevlug’ uit vrees vir hulle lewens!
Presies.
Hoe kan hy rower genoem qord as hul niks geroof het nie maar op die man geskiet het? Hoe weet die pers of die media dat hy daar was om te roof? En nie om te moor nie. Dan kan die opakrif mos maar netsowel moordenaar gewees het!
So ek dink skieter of aanvaller is meer gepas.
Skote petoors!
Dit eder skote Pistories……?
“Rower”? Hy is beslis nie daar vir koek en koffie nie!
Hoe ook al, welgedaan aan die huiseienaar, laat dit ‘n les wees.
Ek stem. Hoekom “rower”? Sê eerder vermeende rower.
Lekker man Lekker
Jammer die res van die skote het gemis.
Mooi so nog n krimeneel minder of hoe sal hulle dit stel vermeende krimeneel
Mooi , dit moet elke liewe keer gebeur dan sal die goed begin luister .
Ja die huisbewoner sal seker vir moord of strafbare manslag aangekla word. Die hof moet hom van alle blaam onthef. Selfs al het die inbreker verdien wat met hom gebeur het, is die man so erg getraumatiseer dat hy in die hospital opgeneem moes word. Dis nie ‘n mooi gesig om te aanskou nie . ‘n Vriend van ‘n vriend het 3 van die 4 skurke geskiet toe hulle in die nag oorval en in hul bed geskiet is. Gelukkig was die man paraat met sy skietding, Hy het 2 sleg gewond (later dood aangetref nadat hulle gevlug het), en ‘n 3de dood geskiet met die rower se eie geweer. Ongelukkig sit hulle nou met post-traumatiese stres en woede en vrees wat hulle baie moeilik verwerk.
Welgedaan!
Ons is nóu in ‘n oorlog … bewapen en verdedig jouself!
Niemand anders gaan jou beskerm nie.
Goed sooo iewers moet die rowers begin besef almal is moeg vir die rowers se moord and plunder….
Weereens ‘n storie met ‘n lessie, as Jy nie genooi is nie ‘BLY WEG’
Welgedaan huiseienaar maar 1 uit 3 slaag nie die toets nie en jy moet die bevoegheidstoets gaan oordoen!
Beste artikel wat ek heel week gelees het in MM. Gee my sommer so warm gevoel in my hart …..
SY DAG HET AANGEBREEK!!!!
Sy son het gesak.
Ja en as die ou nie n wapen gehaad het nie was hy dood
Die eienaar verdien n medalje.
En nou wil hulle ons ontwapen?
Mooi man, maw met die weghol is een getref.
Well done !