‘Rower’ in hospitaal ná skok op heining

Argieffoto: Pixabay.com

ʼn Vermeende rower het in die hospitaal beland nadat hy deur ʼn elektriese omheining geskok is toe hy glo van ʼn huisrooftoneel in Potchefstroom in Noordwes gevlug het.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê vier gewapende rowers het Vrydagoggend by ʼn huis in die dorp ingebreek en ʼn egpaar en hul kinders met vuurwapens aangehou. Hulle het geld van die gesin geëis en die huis geplunder.

Terwyl die rooftog aan die gang was, kon die vrou daarin slaag om die paniekknoppie te druk. ʼn Plaaslike veiligheidsmaatskappy het onmiddellik gereageer en hulle na die toneel gehaas. “Daar het ʼn konfrontasie tussen die rowers en die veiligheidswagte ontstaan en die rowers het met juweliersware en ʼn selfoon gevlug,” het Funani gesê.

“Een van die vermeende rowers is glo geskok toe hy probeer het om oor die elektriese omheining te spring en hy is na ʼn hospitaal geneem. Die ander drie verdagtes is later in verskillende gebiede van Potchefstroom vasgetrek.”

Volgens Funani sal die verdagtes Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

pieter ·

Ja nee, ek dink die omheinings moet met 3 fase gekoppel word. As jy oor n heining of deur n ruit of venstet klim, het jy mos bedoelings om te roof en moor.

Anoniem ·

Pêl van my het 3 fase drade onder sy dak by die werk gespan. Net daar waar hulle alle verskeie kere deurgekom het. Dis nou 8 jaar later, nog nie weer skade gehad nie. Die oë binne die besigheid het aan die hande buite buite die besigheid van die drade beduie en dit lyk nie of hulle kans sien nie. Geen energizer of ander speelgoed nie, net brutale krag.

BB ·

Jip dis waar, hulle kom nie om te kom tee drink as hulle oor heining en huis die huis plunder nie. Hulle soek nie kos nie hulle soek jou lewe. Na ja laat dit vir hom n les wees. 3 fase sal die ding doen…….

Thea ·

Huisroof, verskoon my is hierdie nie gewapende roof nie? Was hulle vuurwapens gelisensieerd? Ek dink nie so nie. Dan kan daar nog ander klagte bykom.

Cherokee ·

Thea, mens mag selfs ook nie met ‘n gelisensieerde vuurwapen roof nie.

Koos ·

MM herhaal seker wat SAPD hulle voer. Daar bestaan nie iets soos “huisroof” nie. Die korrekte term hier sal roof met verswarende omstandighede wees.

Wilma ·

Rower moes eintlik by forensies gele het nou en ni in hosp. Kry vi jou. God Slaap Nooit

Ella ·

“Rower” in aanhalingstekens… is hy dan iets anders?
Is die getraumatiseerde (beseerde?) gesin ook gehospitaliseer toe geneem?
Seker nie, net die “geskokte” “rower”.
Shame hoe durf die eienaars n elektiese heining oprig? Roof en inbraak en ernstige beserings (lees doodmaak) is sy job.

Anoniem ·

As Jy ‘n Paar Volts soek sal Jy dit KRY ! MOENIE vat waar Jy nie mag nie, hou Jou hande tuis ! Is mosi’ j o u n e’ nie ! Het Mamma nie vir Jou maniere geleer nie ! In diens opleiding en ‘n storie met ‘n LESSIE !

Jan Seerot ·

Ummm, een van vele beroepsrisiko’s wat jy in aanmerking moet neem as jy ‘n rower is. Dinge kan lelik skeefloop in enige beroep. Jy kan altyd met John Browning ‘n afspraak maak vir berading.

Netso ·

Dis duidelik dat die mense wat komentaar lewer soos “pieter” geen elektriese agtergrond het om na 400 volt 3 fase krag te verwys nie! Moet nooit iets anders as ñ gekoopte standaard elektroniese skok toestel aan jou heining koppel nie?

Haan ·

230V * (wortel 3) = 400V

Pieter is dus korrek en jy behoort sleg te voel oor jou beterweterigheid

Netso ·

Beste Haan! Dankie my geleerde kolega vir jou inset! My punt is as jy nie jou eie kind van jou draad wil dood afhaal nie, peuter nou met jou heining se volts!

Foefenjol ·

Dít was nie jou aanvanklike punt nie. Jy het vir jou slim (dom?) gehou!

Chris ·

Huh hy beland in die hospitaal van n energiser se klap wat n sissie. Ek was al n paar keer deur my huis se heining geklap en nog nooit in die hospitaal beland nie. Dit is nie 220v elekrisiteit wat jou vashou nie. Seker sal daa nou weer n ondersoek ter plaatse gereel word om te kyk wat kan hy uit die eienaar draai wat hy nie kon ontein nie.

David ·

Ek dink die rower wat geskok het is net getoumatiseerd.

Daar is streng vereistes (opgevat in die SANS standaarde) op elektrise heinings en mag nie genoeg Joules lewer om iemand te dood nie. Gebruik slegs goedgekeurde Energizers.

Moet liewer nie daaraan dink om lewendige krag te koppel nie. As dit iemand dood, gaan die eienaar (of “elektrisiën”) tronk toe vir manslag.

Ek is dankbaar hulle kon daarin slaag om die sekuriteitsmaatskappy te ontbied en die boosdoeners is almal gevang. Wel gedaan aan die Potchefstroom SAPS.

Foxi ·

Kry vir jou…..jou pes. Jy het nie n groot ‘skok’ verwag nie.

NIKKI ·

Dit was rerig ‘n woeste dag gewees om dit te beleef wat om jou gebeur. Maar met die SAPD van Potch en Klerksdorp was uitstekende werk verrig. Hulle was omtrent oral en ons het veilig gevoel. Wel gedaan !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.