‘Rower’ in Jhb doodgeskiet, 3 vas

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende rower is Woensdag in Johannesburg doodgeskiet en drie in hegtenis geneem ná ʼn gewapende roof by ʼn winkel in die omgewing.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie (JMPD), het gesê die voorval het in Doornfontein plaasgevind.

“JMPD-beamptes het die verkeer gereguleer by die kruising van Siemert- en Errorweg toe hulle geweerskote hoor,” het Minnaar gesê. “Hulle het ondersoek ingestel en gesien ʼn groep mense hardloop in hul rigting.”

ʼn Omstander het die beamptes ingelig dat ʼn winkel pas beroof is en het ʼn beskrywing van die verdagtes gegee.

Een van die verdagtes is glo tydens die roof deur ʼn veiligheidswag doodgeskiet.

“Die beamptes het die verdagtes gejaag en een man aangekeer toe hy in ʼn wegkomvoertuig wou klim. ʼn Tweede verdagte is in ʼn nabygeleë straat aangekeer, en die derde man is in die winkel gevang.”

Die beamptes het op twee ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

gerrie ·

Props vir die boetebessies.
wees pro aktief en paraat.nie skoorsoekerig met moeilike ” kliente” nie

humor ·

Gee tog maar n handeklap. Die wereld is n klein bietjie beter plek

Boesman ·

Man ek like dit om elke dag sulke nuus te lees. Teen die tempo sal SA binnekort ‘n beter plek wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.