Rower in KZN doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het ʼn rower in Harding in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die rower is doodgeskiet nadat die polisie hom in hegtenis probeer neem het. Naicker sê die rower het glo eerste op die polisie losgebrand. Hy en twee makkers het glo vroeër ʼn ander man probeer beroof.

“Die slagoffer was op pad bank toe en het in Hawkinsstraat geloop toe hy deur twee onbekende mans genader is. Hulle het hom glo twee keer in die been geskiet voor hulle met sy geld gevlug het.”

Naicker sê die twee ander mans is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Harding-landdroshof verskyn op aanklag van roof, poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.