‘Rower’ in Limpopo doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende rower is Woensdag naby Marble Hall in Limpopo doodgeskiet tydens ʼn voorval waarin ʼn polisiebeampte en nóg ʼn vermeende rower geskiet en gewond is.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ʼn afleweringsvoertuig van ʼn sigaretmaatskappy is omstreeks 15:30 tussen Marble Hall en Groblersdal in ʼn lokval gelei. Vyf verdagtes het die voertuig met hul Ford Ranger-bakkie by ʼn stopstraat voorgekeer en op die voertuig losgebrand.

“Die veiligheidswagte wat die voertuig vergesel het, het teruggeskiet,” het Otto gesê.

ʼn Polisiebeampte van die polisiestasie in Groblersdal het in daardie stadium verby die toneel gery. Hy het ʼn verdagte agternagesit wat in die veld in probeer vlug het.

Die konstabel is in die maag geskiet en ernstig beseer.

ʼn Veiligheidswag het die vermeende skieter noodlottig gewond. ʼn Tweede verdagte is ook gewond.

“Die ander drie verdagtes kon daarin slaag om met die afleweringsvoertuig en met hul bakkie te vlug. Die polisie is steeds na hulle op soek,” het Otto gesê.

Sy het gesê die afleweringsvoertuig is later opgespoor. Dit is nie dadelik bekend of iets daaruit gesteel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.