‘Rower’ in Oos-Kaap doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Verdagte is Maandag ná ʼn rooftog by ʼn Spar-supermark in Mthatha in die Oos-Kaap doodgeskiet.

“Vyf gewapende mans het die supermark in Libode, buite Mthatha, betree en geld geëis voordat hulle gevlug het,” het kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie is ontbied en die gemeenskap het die verdagtes agternagesit.”

Een van die verdagtes is tydens ʼn skietery met die polisie doodgeskiet, twee is in hegtenis geneem en twee het gevlug.

Die polisie het meer as R10 000 van die gesteelde geld teruggekry. Die soektog na die verdagtes wat gevlug het, duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.