Rower in winkelsentrum doodgeskiet

Foto: Twitter

Foto: Twitter

ʼn Rower is Dinsdag in ʼn winkelsentrum in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Volgens die polisie het ses gewapende mans ‘n juwelierswinkel in die Reservoir Hills-winkelsentrum probeer beroof. ʼn Skietgeveg het tussen die rowers en eienaar van die winkel uitgebreek en een van die verdagtes is geskiet.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel was daar reeds verskeie wetstoepassingsbeamptes. Paramedici is na ʼn winkel in die sentrum geneem waar ʼn man, in sy 30’s, agter ʼn toonbank gelê het.

Volgens Meiring is die man verskeie kere geskiet. “Hy was in ʼn kritieke toestand. Paramedici het hom onmiddellik begin behandel, maar hy het sowat 20 minute later aan sy wonde beswyk en is op die toneel dood verklaar.”

Volgens die polisie vermoed hulle dat nog ‘n verdagte of twee tydens die voorval gewond is. Die soektog gaan voort na die ander verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adri ·

Ek vermoed die winkeleienaar wat die rower geskiet het, is nie ‘n blanke nie, anders sou hy vannag agter tralies gewees het vir moord.

Johann ·

Wie nie wil hoor nie moet voel, veg hulle as dit al taal is wat hulle verstaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.