‘Rower’ laat sy selfoon agter

Polisiebeamptes by die verdagte. Foto: SAPD

Polisiebeamptes by die verdagte. Foto: SAPD

‘n Vermeende rower, wat al ‘n geruime tyd deur die polisie gesoek word, is vasgetrek nadat hy sy selfoon op ‘n misdaadtoneel gelos het.

Kapt. Stpehen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte het op 5 Desember by ‘n dokter se spreekkamer in Wesselsbron, in die Vrystaat, ingebreek. “Die verdagte het deur die dak ingebreek. Hy het die alarmstelsel gedeaktiveer en met kontant gevlug.”

Volgens Thakeng het die verdagte egter een groot fout gemaak: hy het sy selfoon op die toneel agtergelaat en die polisie kon daarin slaag om die eienaar van die foon, Pasek Tsheisi, op te spoor.

Polisiebeamptes het die verdagte op 27 Januarie in hegtenis geneem, nadat hy aanvanklik probeer vlug het toe hy die beamptes se voertuig gesien het.

Die verdagte het reeds in die Wesselsbron-landdroshof verskyn op aanklag van sakeroof. Die saak is tot 7 Februarie uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Tinktinkie ·

Hierdie is net n rower. Ras word nie genoem soos in d volgende berig waar n WIT man as verdagte geïdentifiseer is nie!!! Afriforum hoop julle beveg d nuwe rassehaat/spraak voorgestelde wet!!! Dubbele standaarde!!!

Liendempers ·

Tinktinkie, ek lees alle berigte waar die ras van die “rower” nie genoem word nie, dus as “nie wit”.

Liendempers ·

Een van my seun se vriende se selfoon verdwyn by die skool. Laataand sit die familie en tv kyk en ping pong! Kom n boodskap op pa se foon deur. Sy seun het so pas op facebook gepost! Nou ha, meneer langvingers het toe nie genoeg verstand om te besef die fotos wat hy van sy makkers geneem het, word nie op sy facebook geplaas nie………..en dan nog die vermetelheid om dit te probeer ontken die volgende dag in die skoolhoof se kantoor……..daar is nie pille nie

SARIE VAN HEERDEN ·

vERGEET VAN BENOEMING VAN RAS EN IGNOREER ANDERSKLEURIGES WAT VIR HULLE ‘N GROOT VENEDERING IS WANT DAARTEEN HET HUL GEEN SAAK NIE.

cor ·

Almal dra ‘n (jas) selfoon wat netjies pas en slimmer as sy eienaar is en so is baie al uitgevang deur sy eie slimfoon. Nou verstaan ek hoekom word dit ‘n slimfoon genoem

Tina du Toit ·

Ek voel as ons polisie die dag met ons aanval die een aanvaller wat gedood is se foon gevat het en gemaak het of dit hulle makker was , gereël het om hom iewers te kry, het hulle dalk die ander twee aanvallers gevang. Hulle het hom 11 keer getry bel, maar nee, toe vat die polisie die foon met hul kaal hande in gooi dit in die leêr.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.