Rower loop hom vas teen metropolisie

Paramedici is na die toneel ontbied om die man se wonde te behandel (Foto: Verskaf)

ʼn Metropolisiebeampte het ʼn boef op heterdaad betrap net toe hy ʼn vrou se handsak in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, wou steel. Toe die beampte die vermeende rower konfronteer, wou hy die beampte met twee messe aanval. Toe skiet die beampte die verdagte.

Volgens superintendent Parbhoo Sewpersad, woordvoerder van die Durbanse metropolisie, het die voorval Dinsdagmiddag in Dickens-weg in Amanzimtoti plaasgevind.

“ʼn Huishulp was op pad huis toe, toe die verdagte haar op die straat genader het. Hy het haar handsak gegryp en op die vlug geslaan. Daar was ʼn beursie en selfoon in haar handsak,” vertel Sewpersad aan Maroela Media.

“Die vrou het geskree en ’n metropolisiebeampte wat in die omtrek was, het haar gehoor. Hy het gekyk wat aangaan en toe die verdagte met die handsak gewaar. Hy het die man agternagesit.”

Volgens Sewpersad het die beampte die man ingehaal en gekonfronteer.

“Die man het twee messe uitgepluk en die beampte daarmee gedreig. Die beampte het uit selfverdediging die man twee keer geskiet – eers in die bobeen en toe in sy onderbeen.”

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê paramedici is na die toneel ontbied om die verdagte se wonde te behandel. Hy sê die man is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hy onder polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

Sewpersad het die beampte geloof dat hy so vinnig op sy voete gedink het.

“Die saak is by die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Zacahara ·

“Don’t pull a knife in a gun battle…!!!” So leer mens maar seker. Die metropolisie-beampte het volgens my reg opgetree.

Lesly ·

Klink vir my na selfverdediging, war volgens Cele onwettig is

Willem ·

Die beampte kon die belastingbetalers baie geld gespaar het deur effens hoër te mik.

Piet parys ·

Dit klink nie goed nie metro polisie skiet uit self verdediging. Moet net laat Beki Cele hiervan hoor nie.

Anoniem ·

Tien uit tien vir die Metro Polisiebeampte. Wens dit wil net meer gebeur dat die ………………………… in die bek gerruk word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.