‘Rower’ ontsnap kort na Jhb-polisie hom vastrek

Foto: Facebook/Crime Reports SA

Foto: Facebook/Crime Reports SA

Drie vermeende rowers het Donderdag uit die Mondeor-polisiestasie in Johannesburg ontsnap kort nadat hulle in hegtenis geneem is.

Ao. Lorraine van Emmerik, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die drie verdagtes word daarvan verdink dat hulle by ʼn huis in die omgewing ingebreek en verskeie huishoudelike items, asook ʼn BMW-motor, gesteel het. Hulle is kort ná die inbraak vasgetrek nadat hulle met die BMW en hul wegkomvoertuig in ʼn ongeluk was.

Volgens Van Emmerik was polisiebeamptes by die stasie besig om die verdagtes se inligting te prosesseer toe hulle deur ʼn venster ontsnap het. “[Die verdagtes] was in die aanklagkantoor en beamptes was besig met die dossier toe hulle gevlug het,” het sy gesê.

Sy het gesê bewerings dat die drie verdagtes nie geboei was nie is onwaar en alle behoorlike prosedures is met hul inhegtenisneming gevolg.

Twee van die verdagtes is kort ná hul ontsnapping weer in hegtenis geneem, maar die derde is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Marietjie ·

Hoekom word hulle gesigte nie gewys nie? Is die idee nie om hulle te kan uitken nie?

frikkie botes ·

Hier is hulle fotos op my blad facebook.com/Frikkie- Botes

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Hi Marietjie ,want as ek of my pelle hom vang dan kap ons sy vingers af . Dan is ons in baie groot mooilikheid dit is hoekom hulle nie sy gesig wys nie

Peet Schabort ·

Jammer dat om hulle aan beide enkels te boei sodat hulle net kan skuifelstap onmenslik is, anders was dit die oplossing. Ai die menseregte darem . . .

Winston ·

Ja Peet. Net kriminele het mense regte. Wys hulle gesigte daar is genoeg om hulle skuldig te bewys. Weg met beskerming van misdadigers. Of is daar vrese dat hulle familie sal sien waar hang hulle rond? Moenie glo nie. Zuma se gesig en beskuldigings word gewys op TV so wys hulle gevrete ook

Dave ·

Lasybug sê in ‘n ander berig dat die poelieste fantasties is (of woorde in die voege). As ons haar kan glo sal hy gevang word. Weet nie hoe sy die gebeure sal verduidelik.

jakes ·

FRUSTRASIE is die tendens om rower, verkragter, stroper, moordenaar in ALLE nuusartikels tussen ‘ aanhalingstekens’ te noem. Misnoee’ telkemale al uitgespreek aangaande. En ja Maroela, jul argument – “nog nie hof verskyn ” is lagwekkend. GEEN ander media of gedrukte pers is SO polities korrek soos jul wil probeer of nastreef.

Arie Plaasboer ·

Ag Jakes, gebruik tog maar liewer hierdie forum om positief te wees in plaas daarvan om soos op ander forums net af te kraak sonder om `n positiewe bydrae te maak.

Meyndert Borrie Bornman ·

Dit is nie moontlik dat hulle sonder interne polisie hulp kon ontsnap nie. Die wworvoerder se skerm oortuig my glad nie. Die kriminele enkeles in die polisie is die polisie se grootste vyande want as hulle hom opspoor is hy alreeds deur een van hulle bewapen en die kanse is goed dat ‘n polisie lid nog ‘n statistiek word.

CHRISTA ·

‘n Polisiestasie wat nie diefwering voor hulle vesters het nie!! Maak jou lag!! Hulle dink seker hulle is ‘untouchable’!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.