Rower ontsnap uit beskuldigdebank

Argieffoto

ʼn Pa van twee jong kinders wat op ʼn aanklag van gewapende roof skuldig bevind is, het Maandag uit die beskuldigdebank van ʼn hof in Kaapstad ontsnap, oomblikke nadat hy vier jaar tronkstraf opgelê is.

Aldrin (Ollie) Witbooi (37) het só vinnig uit die hof verdwyn dat hy weg was voordat iemand besef het wat gebeur het. Teen laat Maandagaand was hy steeds op vrye voet.

Witbooi het in die Parow-streekhof voor landdros Constance Nziweni verskyn. Die landdros het Witbooi ses jaar tronkstraf opgelê waarvan twee jaar opgeskort is. Daar was ʼn oproer in die hof toe hy skielik oor die agterkant van die beskuldigdebank gespring en by die deur uit verdwyn het voordat enigiemand hom kon keer.

Die saak hou verband met ʼn voorval in Oktober 2015 toe Witbooi en sy niggie by die huis van ʼn Nederlandse immigrant, Aarnold de Myunk, gekuier het. Toe De Myunk die hek vir die twee oopgemaak het, het ʼn tweede onbekende man met ʼn vuurwapen verskyn en in die huis ingehardloop. Hy het die huis omgekeer en met De Myunk se duur musiekopnametoerusting op die vlug geslaan.

Witbooi en sy niggie is in hegtenis geneem, maar die niggie is later vrygespreek op die aanklagte teen haar.

Die landdros het tydens die vonnisoplegging gesê Witbooi het gedurende die verhoor volgehou hy is onskuldig en het die staatsaanklaer, Barry van der Berg, gedwing om De Myunk na die getuiebank te roep. Sy het gesê Witbooi het die slagoffer gedwing om die hofverrigtinge by te woon en hom weer die trauma van daardie aand laat herleef.

De Myunk het ná die rooftog besluit om terug te keer na Nederland. “Dit is deur jou optrede dat die slagoffer nie meer veilig voel in Suid-Afrika nie en ons land verlaat het met ʼn slegte siening van die land,” het die landdros gesê. “Dit is mense soos jy wat ons land ʼn slegte naam gee.”

Sy het gesê ʼn gedeelte van die vonnis is voorwaardelik opgeskort sodat dit soos ʼn swaard oor Witbooi se kop kan hang en hom twee keer laat dink voordat hy die oortreding herhaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johanna Botha ·

Mens wil kwaad wees maar wil ook lag oor die polisie …hulle is half aan die slaap want dis net n job !

cor ·

Lyk vir my Mnr. Witbooi het toe nie twee keer gedink nie en sommer met die eerste dink slag besluit hy moet daar uitkom so gou as moontlik. Hy was toe soos weerlig nie so vinnig nie maar net so hier en daar en uit by die deur.

Eish ·

Dit is swak. Sekuriteit totaal afwesig. Nogal die Wes Kaap waar alles honkie dorrie loop.

cor ·

Die rower het blykbaar nie geluister toe die landdros se dink twee keer voordat jy weer oortree . SA die land sonder melk en heuning waar kriminele al die reg het en op n daaglikse basis uit howe en selle ontsnap, hulle voel vere vir die regstelsel

CAROL ·

Ek dink daai oproer storie was beplan om almal se aandag tetrek sodat die hy kon ontsnap

Scalla ·

Witbooi het sy 6 jaar vonnis in 6 sekondes gedoen, die rekord moet dalk opgeteken word in justisie se feite register, tye van wonderwerke is nog nie verby nie. Lmga

Lee ·

Mooi so Ollie..jy was seker nie so swaar soos ‘n olifant nie, dis hoekom jy so maklik kon (heeltemal) wegglip.
Ai, was almal dan aan die slaap, en net Ollie was flink en wakker ??

Boeie ·

Waar was/is die voet- en handboeie? Natuurlik nie want dit sal sy menswaardigheid skade aandoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.