‘Rower’ op Gauteng-kleinhoewe geskiet

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Vermeende rower is Maandag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe in Marabeth, Tarlton, in die weste van Johannesburg geskiet.

Konst. Lucky Matome, woordvoerder van die polisie, het gesê die eienaar van die huis het glo wakker geword toe sy huis se alarm afgegaan het. Hy het glo sy huishulp se vriend geroep en hom gevra om saam met hom in en om die huis ondersoek in te stel.

“Die man het glo beweging in een van die vertrekke in die huis gehoor en ʼn verdagte met ʼn mes daar aangetref. Verskeie skote is afgevuur en die verdagte is in die bolyf gewond,” het Matome gesê. ʼn Tweede verdagte het glo te voet gevlug.

Volgens Matome is niks tydens die voorval gesteel nie. Verskeie sakke is egter gevind wat reeds volgepak was met huishoudelike items en vermoedelik reg gestaan het sodat die verdagtes daarmee kon vlug.

Die gewonde verdagte is tans onder polisiebewaking in die hospitaal. Die tweede verdagte is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

vrystater ·

Mooi baie mooi net jammer een kon vlug gelukkig is nie een van die inwoners beseer nie

Gielie ·

Hoe kan mens so swak skiet dat jy op kort afstand verskeie skote op ‘n rower in jou huis skiet en hom slegs wond?

Paul ·

Omdat hierdie die regte lewe is en nie ‘n fliek of ‘n rekenaarspeletjie of skietbaan is nie.

lourens ·

Nou gaan die eienaar van die huis seker toe gesluit word omdat hy sy gesin te goed beskerm het

Frantic ·

‘n Mes teen ‘n pistool! Hierdie ou is in groot moeilikheid. Hy moes eers die broodmes in die kombuis gaan haal voor hy blindelings begin skiet het.

liewe aarde ·

Frantic ek sal graag wil sien dat jy gou hol vir die broodmes in die donker, sonder om te weet hoeveel daar is en sonder om te kan sien wat se wapens hul het. Hul was in die man se huis nie om te kom koek en tee nie, dit was slaap tyd en slaap tyd is ook donker…….

Jan maak n Plan ·

Gee daai manne ‘n Bells. Hulle moes eintlik altwee dood geskiet het en klaar gekry het. Maar nou ja, om een te goed te wond is ook seker beter as niks. Wel gedaan manne.

Theresa ·

Ek sal enige ding gebruik teen iemand in my woning waarvoor ek wettig als betaal wat ek moet. NIEMAND het die reg om ongenooid in te stap nie en nog minder om in te kom doelbewus om my te kom benadeel nie.
Meel in die oog, doom, broodmes, noem maar op. Mens het nie altyd tyd om die ware jakob nader te kry nie, maar daar is talle hulpmiddels byderhand. As ek ‘n slang wat vinnig genoeg kan pik kon hê die afgelope ruk wt my motors so verniel en poging tot steel plaasgevind het – dan sou ek dit graag gebruik. Die kriminele moet eenvoudig besef dis hul wt verkeerd optree en nie die mense wat so besteel en geplunder word nie.

E ·

Dit is reg!Die mense begin nou g vol raak en sal nie meer langer terugsit nie.

Jordaan ·

Waarom ‘Rower’ in aanhalingstekens? Die man het met ‘n mes die huis ingedring, dit was sekerlik nie net om te kom groet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.