‘Rower’ op kleinhoewe doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Vermeende rower is Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe in die Bronkhorstspruit-omgewing, oos van Pretoria, doodgeskiet.

Kapt. Sipho Zulu, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn vrou het omstreeks 01:00 wakker geword toe sy ʼn vreemde geluid gehoor het.

“Sy het gaan ondersoek instel, maar kon niks sien nie. Sy het later weer iets gehoor en gehoor die honde blaf aanhoudend. By verdere ondersoek het sy ʼn man buite in die erf opgemerk. Sy het gesien die man is gewapen,” het Zulu gesê.

Ettienne Vermaak, eienaar van GEW Secure wat saam met die polisie op die toneel was, het aan Maroela Media gesê die vrou het haar kind na haar swaer en suster se kamer geneem, en die swaer se hulp ontbied.

“Die man se been is ʼn ruk gelede geamputeer en hy is afhanklik van krukke,” het Vermaak gesê.

Die swaer het sy vuurwapen gegryp en hulp van die persoon by wie hulle die huis huur, ontbied. “Die vrou en die swaer het ʼn venster hoor oopgaan. Die inbreker was besig om deur die venster in die huis in te klim toe die swaer sien die man het ʼn vuurwapen in sy hand en wou glo op hom skiet,” het Zulu gesê.

“Die swaer het die verdagte geskiet voor die verdagte op hom kon skiet. Die verdagte is buite die huis deur paramedici dood verklaar.”

Geen van die huis se inwoners is beseer nie en niks is gesteel nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van inbraak met die doel om ʼn misdaad te pleeg en ondersoek ook roetinegewys ʼn saak van moord om vas te stel of die inwoners in noodweer opgetree het.

Zulu het beklemtoon dat dié voorval nie as ʼn plaasaanval beskou word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Johann ·

So Zulu, as jy so vinnig is om te se dis nie n plaasaanval nie, mag ons seker ook weet wat jou verwysing en definisie is van wat is een en wat is een nie? Of is dit om in lyn te wees met Cele se prioriteits misdade?

Laat die buiteland self besluit ·

Gee die buitelanders alle feite en laat hulle self besluit of dit n plaasaanval was of nie.

Ronel ·

Dis ‘n aanval op ‘n plaas, maar dit word nie as n plaasaanval beskou nie?????
Wanneer is dit dan n plaasaanval?

Andrea ·

Word seker nou n onderskeid gemaak tussen n ‘plaasaanval’ en n ‘hoeweaanval’

Donald ·

Hoewe aanvalle is net so erg indien nie erger. Dit word weg gesteek onder stedelikke “crime” Julle gaan die skok van jul lewens kry wanneer kleinhoewe statistieke uit kom.

Koos de Meyer. ·

As hy met ‘n met ‘n vuurwapen kom skiet om dood te skiet, hy gaan nie vir jou genade hê nie. Dis ons nuwe Suid-Afrika. Niemand meer veilig. Blank sowel as ons mede lands burgers.

Optrede ·

Optrede vd slagoffers was 100% korrek deurdat niemand uitgegaan het maar vir die ‘rower’ gewag het. Zulu sal moet kom met ‘n definisie oor wanneer dit ‘n plaas is aldan nie. Wat my betref bly bewoners van kleinhoewes ook vêr van mekaar en is dus net so blootgestel asof op ‘n plaas. Pragtig julle optrede om terreur te verhoed. Mag ons ander hieruit leer.

Vra maar net ·

Kan nie glo dat die inbreker alleen was nie,soos ek dit het kom die wesens as n groep seker sy comrades was ook daar maar is nie gesien nie.

Michael ·

Dit word beskou as n plaasaanval sodra jy met iets boer.As jy met niks boer nie dan is dit huisroof maak nie saak hoe groot jou grond is nie.As jy net n paar beeste het sal dit onder n plaasaanval val.

Piet ·

M.a.w die oumense wat niks doen op die plaas behalwe om op die plaas te woon, hoe sterf hulle, sekerlik nie in n dorpsaanval nie? Mens kyk op die aktes waarvoor grong geregistreer is. As dit nog landbou grond is dan is dit beslis ‘n plaasaanval.

Pieta ·

En die ou met hoenders op die dorpswerf bly ook seker op ‘n plaas. En ‘n kleinhoewe is kwansuis nie ‘n plaas as jy net daar bly en nie boer nie. Ongelooflik die slim mense in die polisie! Enigiets om die statistiek beter te laat lyk.

Net so... ·

‘n Aanval bly’ n aanval maak nie saak waar dit gebeur nie…

Oom Kalahari ·

Hoe word ‘n plaas aanval of kleinhoewe aanval bepaal? Zulu wil voorkom dat die statistiek aangepas word met nog ‘n aanval wat geflop het. Goeie beskermings optrede aan hierdie families en wees asb waaksaam , want maatjies gaan terugkeer. Sterkte daar.

Gj ·

Ek twyfel sterk dat die rower alleen was. Ons het al 5 pogings gehad hier so 5 plotte van hulle af en kan op kamera sien hulle was elke keer 2 of 3 met 1 wat werk en ander wat uitkyk. As hul beheer oor die huishouding het spring nog een in.
Die ander het heel waarskynlik gevlug met die skote wat gewaai het.

Ek stem saam met die proses wat tans gevolg word, maar nie dat dit nie n plaasaanval is nie.

Theresa ·

Dalk moet jul die goeie bewyse wat jul het op kamera vir die gemeenskapsforum by jul wys. En dalk ook vir die polisie daarvan sê – dit maak die saak sterker dat daar mense is wat besig is om daar te wil kwaadwillige goed doen. Mooi so vir sekuriteit.

Judge Judy ·

Skielik gaan al wat ‘n regsman is of iemand wat ‘n jaar regte geswot het hier uitspring en se die MAN MOET VIR MOORD AAGNGEKLA WORD WANT JY MAG MOS NIE NET SKIET NIE … kyk mooi die liberales gaan nou hier opdaag en die man wat die skietwerk gedoen het tot die hel verdoem. Op ander kommentaar waar anderskleuriges moord pleeg swyg hulle soos die GRAF!

Carel ·

Die statestiek wat gebruik word vir plaas aanvalle sluit kleinhoewes uit.

Hendrik ·

‘n Aanvaller wat 15m van jou is met ‘n mes kan by jou wees voordat jy jou wapen kan span en skiet. Hierdie is ‘n plaasaanval want hy het nie 1 uur in die nag, deur die venters gebreek om tee drink saam saam jou met ‘n vuurwapen nie. As die voorval in die stad/dorp was, was hierdie ‘n huisaanval.

LJ ·

Maar Zulu, daar is dan nie iets soos n plaasaanval nie?? Moet daar eers n blanke persoon vermink en vermoor word voor dit n plaasaanval is?

Rinda ·

Hoekom sal die “rower” nou in aanhalings tekens wees. Dis donker. Hy het ‘n wapen. Hy breek ‘n venster. Hy is op ‘n plek waar hy nie hoort nie. Ek dink die intensies is duidelik en geen aanhalings tekens is hier nodig nie :(

Lienkie ·

Die rower wou net koffie drink en koek eet, dit is al wat hy wou doen.

Anoniem ·

Trots op die huismense wat so mooi kop gehou het te midde van ‘n angswekkende situasie, en uiters dankbaar julle het nie fisies seergekry nie.

Lizelda ·

Waarom word die woord rower in aanhalingstekens geskryf? n Vreemdeling wat daardie tyd vd oggend deur n venster klim het mos nie kom kuier vd mense nie? Dus is hy n rower en klaar.

Anoniem ·

“Vermeende ‘Rower’ ” is nie die beste term om hierdie te beskryf nie, dit wil sê dat hierdie persoon wat met ‘n vuurwapen by ‘n venster ingekom het onskuldig is tot skuldig bewys. Watter deel van “die inbreker was besig om deur die venster in die huis in te klim” is onskuldig??

Theresa ·

Ek wed jul as ek ‘n huis se venster inklim (met of sonder ‘n wapen) veral saans sonder ‘n uitnodiging vir ‘n koppie tee, sal enige regdenkende mens hulself verdedig.
Dan is wapens nog nie eens ter sprake nie.
Hoe dan anders? Wat soek ‘n ongenooide mens in jou venster??
Banaal om te dink mens moet eers ‘n geselsie aanknoop en soetsappig begin heuning om die mondsmeer om eers te hoor of vensterklimmer dalk iets vergeet het met ‘n vorige besoekie. Siek.

Linda van Mosselbaai ·

Baie bly die mense is ongedeerd. Daar sal seker kan uitsluitsel gekry word waar grond geregistreer word wanneer is ‘n plek ‘n plaas en wanneer is dit ‘n kleinhoewe. IGNOREER dit maar. Hierdie is maar net weer om ons van die punt af te lei.

Andre ·

Plaasaanvalle word geassioseer met renosterstropery en geblikte leeus.Dit is n wit ding en is dus geen geen prioriteit nie en sal nooit wees vir die regering nie.

Dries ·

Dat daar nou soveel slim mense moet wees wat kommentaar lewer, maar slegs op emosies!
‘n Aanval met enige tipe wapen is volgens definisie in wetgewing ‘n gewapende roof, hetsy dit op straat in ‘n huis of op ‘n plaas is. Die klagstaat sal aandui dat die verdagte aangekla word van gewapende roof en sal na skuldigbevinding gevonnis word vir gewapende roof – beslis nie vir huisroof, plaasroof plotroof of wat ookal nie.

Die plek waar dit plaasgevind het kan wel deur die hof in aggeneem word, veral met vonnisoplegging.

Die terme huisroof, plaasaanval ens word gebruik vir statistiese doeleindes an bepaling van tendense. Iewers moet daar onderskeid gemaak word op grond van bewysbare feite en nie volgens elkeen se emosionele voorkeure nie.

Kalmeer nou ‘n slag en beveg die misdadigers en nie mekaar nie. Geen wonder die misdadigers slaan so maklik toe nie. Ons mense is so besig om mekaar af te kraak, te verneder en te beskuldig, dat die spul maar net kan inloop

Frans C ·

Dit maak nie saak hoe ‘n mens na die voorval kyk nie en watter terme ‘n mens gebruik nie.
Die feit is dat die persoon wat in die voorval dood is ,besig was om ‘n gewapende misdaad te pleeg en dat slegs die optrede van ‘n swaer nog ‘n tragedie voorkom het.

Dus dankie dit is een misdadiger minder.

kas ·

Die man se been is ge-amputeer en daarom is hy weerloos.Wat soek die man daar en hoekom klim hy deur die venster?Hy het ‘n vuurwapen gehad en dit was nie vir koek en tee geniet nie.Hoekom word Dronwordspruit so erg geteiken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.