Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 00:50 op ʼn plaas in die Constantia-gebied gebeur. “Volgens inligting het die verdagte die elektriese omheining om die huis geknip en toe by ʼn venster probeer inbreek deur die diefwering terug te buig,” het sy gesê.
“Die eienaar van die plaas, Jacobus Kemp, het wakker geskrik en met ʼn haelgeweer van binne die huis op die verdagte gevuur. Die verdagte het uit die venster gespring en tussen 20 en 30 meter gehardloop voordat hy inmekaar gesak het. Hy is op die toneel dood.”
Otto het gesê toerusting wat gewoonlik tydens inbrake gebruik word, is aan die verdagte gevind.
Sy het gesê ʼn saak van moord is aangegee. “Dit is standaardprosedure dat ʼn moordsaak geopen word in so ’n geval, maar niemand is aangekla of in hegtenis geneem nie. Die saak sal ondersoek word en die dossier dan hof toe gestuur word wat sal bepaal of enigiemand vervolg sal word,” het sy gesê.
Volgens Otto blyk dit in hierdie stadium dat die verdagte alleen was, maar die moontlikheid van medepligtiges word ondersoek.
Knap gedaan, laat dit vir die ander n les wees
Scalla ek stem saam dit was OF hy OF Mnr Kemp. Dankie mnr Kemp een misdadiger minder. Ek hoop en vertrou daar is nie van sy makkers wat gaan terug kom om wraak te neem nie. Wees op jou hoede en baie dankie dat jy jou geliefdes beskerm het. Sterkte met die poging tot moord saak teen jou. Mooi dag vir jou . Tannie Pixie (67 jaar oud).
Pragtig, wonderlik en net wat nodig is.
Uitstekende werk Jacobus Kemp . Ek kan jou waarborg dat , indien jy nie wakker geword het nie jy heel moontlik vandag deel van statistiek sou gewees het. Dit het tyd geword dat ons onsself met alle mag tot ons beskikking verdedig want hulle gaan jou nie n tweede kans gee nie.
Daar is ook by ons elektiese hek gepeuter. Laasnag of oggendure. Hek wil nie meer oopmaak en is in verkeerde rigting geforseer…. gelukkig vir ons is daar ‘n groot magneet op hek geinstalleer. Ons moet maar almal ketting en slot ook aansit!!! Vuilgoed …
Waarom word sy naam genoem? Die saak was dan nog nie eers naby die hof nie. As dit ‘n swarte was wat iemand doodgeskiet het, dan sou julle net na hom as ‘die huiseienaar’ verwys het..
n Saak van moord word geopen? Polisie dien jy die publiek of Anc? Mnr.Kemp, u het reg opgetree deur u self te verdedidig! As u nie wakker geword het nie, het die misdadiger u vermoor.Boere en die res van die publiek kan nie gevangene gehou word deur moordenaars nie.Almal moet agter Kemp staan! Kriminele kom nie in jou huis om mense se handtekeninge te vra nie.Daai wet moet geskrap word wat onskuldige mense uitbeeld as moordenaars, terwyl die skurke nou regte geniet.Druj moet met mening uitgeoefen word op Anc, anders word almal uitgemoor! Landbou maak jou stem n slag dik, publiek, julle moet ook dieselfde doen !
Hi Rynhardt
Dit is standaard prosedure deur die SAPD om n moordsaak oop te maak en te ondersoek. Mnr Kemp behoort na regte onskuldig bevind te word.
Geen ander keuse as om ons self te verdedig nie want die regering kan of wil nie die daad by die woord voeg om die misdaad te bekamp nie
Ek het ook besluit ek gaan nie toelaat dat ‘n krimineel my lewe neem nie. Jacobus ek kan maar net sê: Goed gedoen hy wou defnitief nie by jou gaan kuier het nie
Baie goeie werk hou so aan…
Mooi maroela. Julle praat darem nou ook al van “rower”!!
Let op, dis nog in aanhalingstekens. Amper asof daar nog twyfel bestaan of hy een was. Heining geknip en diefwering teruggebuig; Maroela, ek dink die aanhalingstekens kan maar weggelaat word.
Seker nou Jacobus se geweer ook gevat?
Well done Sir..Hope things go well for u
Mooi so maak voorbeelde wat soek die gemors op jou plaas. Dis nou ‘n boer wat sy familie beskerm. Knap
Wel gedaan mnr Kemp, as hy by jou wou kom kuier sou hy jou deur klokkie gelui het. Ons moet ons self beveilig te alle tye, wees bedag op wat om jou aan die gang is. Maak nou nie saak of jy by jou huis sit en vleis braai en of jy oppad huis toe is of wat jy ook al meer besig is nie, wees altyd gereed vir die onverwagte!! Hulle is lafaards wat sagte teikens aanval en die element van verrassing gebruik, so wees hulle altyd een van voor en verras hulle.
Ek wil nou nie een van daai mense wees wat fout vind met alles nie of dom klink nie, maar verduidelik vir my hoekom dit ‘n ‘vermeende rower’ en ‘verdagte’ genoem word, as daar inbreek-toerusting is sy besit gevind is ?
En vir mnr. Kemp, goeie werk !
Mooi gedaan kry die deksels terug laat hul voel wat ons ander vermoorde boere moes voel hoop baie ander boere kan raad gaan kry by Mnr Kemp.Mnr Kemp ons salueer jou.
Daar is seker elke dag iemand wat kla omdat die woord “vermeende” gebruik word. Maar die koerant mag nie die woord “moordenaar” gebruik voor die moordenaar nie aan moord skuldig bevind is nie, en jy ook nie, dis laster. Elke keer wat iemand gedood word, al is dit in self-verdediging, word ‘n moord-saak ge-open. Die direkteur van openbare vervolging sal dan besluit of daar ‘n saak is of nie en soms moet die hof daaroor besluit. En ja, die boer se geweer gaan ingevat word tot die ding afgehandel is. Dit is die wet. Dis nie nodig om so ‘n kabaal op te skop daaroor nie. Gaan doen eerder bietjie navorsing oor daardie ding wat jou so pla en voed jou kennis as wat jy met jou onkunde op jou mou loop en kêrm.
Intussen is en by die hele SA regering aandadig aan massa moord en uitermate pligsveruim om wet en orde in SA te handhaaf. Die SAPS moet inderdaad besin oor wie en wat hulle dien.
Goed gedoen daar! Mag alle boere en mense wat so onskuldig aangeval word daai roete volg!
Hoekom word dit gese “vermeende rover”? Hy het mos nie kom koekies bak nie! Ek se ook hulle moet hierdie wet hersien. Ek verstaan dis prosedure maar ktominele het tans meer regte as die slag offers..