Rower se vinger tydens rooftog afgekap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende rower se vinger is tydens ʼn winkelrooftog naby Cullinan buite Pretoria, glo deur sy medepligtige met ʼn panga afgesny.

“Die rooftog het Saterdag in die vroeë oggendure in Refilwe plaasgevind,” het Johannes Jaftha, ʼn polisiewoordvoerder, Woensdag gesê. “Twee verdagtes het die winkeleienaar, Tesaye Yohannes (23), in sy winkel oorval terwyl hy geslaap het. Hulle het toegang tot die winkel bekom deur die winkel se muur te breek.”

Yohannes is tydens die aanval met ʼn panga op sy kop geslaan. “Tydens die onderonsie is een van die verdagtes se vingers glo deur sy medepligtige afgekap. Die polisie het die vinger op die toneel gevind.”

Die verdagtes het ʼn onbekende hoeveelheid geld, lugtydkoepons en sigarette gesteel en van die toneel gevlug. Niemand is nog teen Woensdag in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Yohannes is ná die voorval na ʼn hospitaal gehaas, en is reeds ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa ·

Ek stem Bokkie – Dis regtig jammer net sy vinger was in die pad.

Heila Fourie ·

Theresa, laat ek weer probeer aangesien my kommentaar nie netnou deurgegaan het nie omrede ek per ongeluk die stuur knoppie 2x gedruk het. Hierdie onsinnige aanvalle, roof, plunder, marteling en moorde op blankes sal nooit stop nie voor hul al ons grond, huise, skole, rugby, sport ensovoorts ingepalm het nie. Al ons blankes gaan nog uitgemoor word en niemand kan enigiets hieraan doen nie.
Heila

ai toggie ·

Ag nee regtig Heila. Gaan lees die blerrie berig toe. Ek twyfel sterk of Tesaye Yohannes ‘n wit man is. Jou simpel kommentaar pas glad nie by die berig nie. Moord, plunder en alles wat jy hier noem bly in elk geval sleg en tragies ongeag van ‘n mens se vel kleur.

Gert ·

Die perfektre monstertjie DNA om die flappie met die misdaad te verbind – behoort resultate van DNA toetse in 2030 te kry vir moontlike arrestasie in 2040 – en tog het hy steeds ‘n 80% kans om los te kom! Hoera vir die nuwe Azania!

PR mc Kay ·

Dit sal nie moeilik wees om die vinger te wys na die beskuldigde nie .Hulle moet hulleself net daar “local” hou ,dan’s dit lekker . Yes plies Sjert ,Los op n tegniese punt ,vingerpunt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.