Rower skiet homself, drie makkers vas

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Rower het selfmoord gepleeg nadat die polisie hom en sy drie makkers in hegtenis wou neem na ʼn winkelroof in die Oos-Kaap.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie in Dutywa is omstreeks 14:00 Saterdagmiddag in kennis gestel van ʼn rooftog in die Bholothwa informele nedersetting. “Die polisie het die verdagtes voorgekeer en ʼn 27-jarige verdagte het sy vuurwapen [ʼn 9mm-pistool] uitgeruk en selfmoord gepleeg.”

Volgens Manatha was die verdagte, wat selfmoord gepleeg het, uit op borgtog in verband met ander roofsake. Hy het gesê die verdagte is reeds geïdentifiseer, maar sy naam kan nog nie bekend gemaak word voor sy naasbestaandes in kennis gestel is nie.

Die ander drie verdagtes, onderskeidelik 21, 26 en 28 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle moet Maandag in die Dutywa-landdroshof verskyn op aanklagte van roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Petronelle ·

Sjoe! Die verdagte wat selfmoord gepleeg het, het alreeds vorige oortredige – moet ons maar baie ernstig kyk na borgaansoeke nie???

Christo ·

Borg aansoeke op geweldadige oortredinge moet liefs nie toegestaan word nie. En mens moet ook maar kyk na die lewens situasie van die oortreder.

Ahooy ·

Ons REGSTELSEL is n GRAP!!!!! Kyk maar na die nie-optrede by #fees must fall.
Hoeveel skade is al aangerig en hoeveel gevang EN aangekla???

rina ·

kan nie help om jammer te voel vir die vent nie. Hy het geweet wat hy doen is verkeerd. Hy het geweet daar is nie vir hom hoop nie. Hy het dalk ‘n slegte kinderlewe gehad, geen toekomsmoontlikhede gesien nie, geen werksgeleenthede gehad nie, geen ander uitweg nie. Dis so hartseer.

rina ·

OK, ek voel nie meer so jammer nie, nie nadat ek gelees het van die plaasaanval, wrede motorkaping, ontvoering, grondbesetting en universiteitsbetogings wat steeds aanhou nie. Jammer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.