Rower skiet huiseienaar, makker en toe homself

Die toneel. Foto: Netcare 911

Die toneel. Foto: Netcare 911

Drie mense is Dinsdag in ʼn huis in Vereeniging doodgeskiet.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 12:45 in die Roshnee-woonbuurt plaasgevind. “Twee vroue en ʼn man het skietwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het twee vroue en ʼn man die huis binnegegaan en kontant van die huiseienaar, ʼn 66-jarige vrou, geëis. “Terwyl die verdagtes die vrou aangehou het, is die plaaslike veiligheidsmaatskappy in kennis gestel.”

Dlamini het gesê beamptes van die veiligheidsmaatskappy het die huis omring, waarna een van die verdagtes die huiseienaar doodgeskiet het. Die verdagte het hierna sy makker, ʼn vrou, geskiet, voordat hy selfmoord gepleeg het.

“Die derde verdagte, ook ʼn vrou, is in hegtenis geneem toe sy van die toneel probeer vlug het. Die polisie het op kontant wat uit die huis gesteel is en ʼn pistool beslag gelê.”

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Genoeg ·

“Self execution”. Jammer om van die huiseienaar se heengaan te verneem, verblydend om te sien dat daar nou ‘n verandering in die aanvals patroon van die misdadigers is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.