Rower skiet makker in Pta dood

gauteng-rooftogte

Argieffoto.

ʼn Beweerde rower het Vrydagoggend sy medepligtige tydens ʼn mislukte rooftog naby ʼn winkelsentrum in die ooste van Pretoria doodgeskiet.

Lt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê twee verdagtes het omstreeks 04:50 by ʼn sakeperseel oorkant die winkelsentrum op die hoek van Wekkerweg en De Villebois Mareuilrylaan in Moreletapark toegeslaan.

“Daar was ʼn veiligheidsbeampte in die omgewing en een van die verdagtes het op die beampte losgebrand en hom gewond. Die verdagte het in die proses sy vriend noodlottig gewond,” het Makhubele gesê.

Die skieter het van die toneel gevlug sonder om iets te buit. Hy is steeds soek.

Paramedici van Netcare 911 is na die toneel ontbied. “Een van die mans was reeds dood toe paramedici daar opgedaag het en is op die toneel dood verklaar. Hy het een koeëlwond opgedoen,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Die veiligheidswag is verskeie kere geskiet. Hy is op die toneel gestabiliseer en in ʼn stabiele toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en poging tot sakeroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Johan ·

Gaan soek hom in plastic view,waarborg hy kom van die helput af…

Chrisjan ·

Wat jy saai sal jy maai.
Ek vertrou die Valke sal die saak ondersoek en Gerrie Nel sal die staatsaanklaer wees.

Ander Koos ·

Ja, kom ons kyk of staat met selfde ywer sal optree soos teen Parys boere

Siestog ·

Mooi man, as hulle hom vang, gee hom net eers ‘n Bells omdat hy sy vriendjie laat verdwyn het.

Liewe heksie ·

Rower jou lekker ding mooi gemik hoop jul sal aanhou en mekaar uithaal

etto ·

Ja dis wat gebeur as jy ‘n boogskiet winkel wil roof, karma kry vir jou!

HEVW ·

Met sulke vriende het jy nie vyande nodig nie. Toemaar hy kan voortvlugtend wees maar sy pel sal hom in die hiernamaals bykom.

Gideon ·

Deesdae so min goeie nuus!! Wonderlik om dié naweek so te begin!!!

Sputnik ·

Hoe hoop ek nou dat dit een van die twee is wat my by my huis met ‘n rewolwer en breekyster probeer oorval het!!

Ben Prinsloo ·

10 uit 10. Daar moet meer van hulle wees en die rowers sal met 50% afneem na elke rooftog. Hoe trek die lagspier in my wang tog nou!!

Theresa ·

Plastic View is tien teen een weer die put van onheid waar die rower heen gestap het. Hul hardloop nie eintlik weg nie, want hul verdwyn daar in die massas. Daardie onwettige plakkerskamp en onwettige inwoners en mense wat geen belasting in die deel betaal nie (onthou hoe hoes ons grondbelasting ook!) gevoed en water voor aangedra word, is ‘n groot probleem vir die hele omgewing. Al hoe meer skade en emosionele probleme word deur hul arrogante gedrag hier ervaar. Waarom word daar nie hieroor ‘n groter saak gemaak as die afskaf van tale wat niemand kwaad doen nie? O ja, en waarvoor daar self betaal word – nog altyd. Die weegskaal van geregtigheid en logika hang skeef – asof daar met ‘n baie dik, swaar vinger aan die eenkant getik word.

Se maar net ·

Sien dis Wat gebeur waneer jy jouself oplei in die gebruik van vuurwapens.

Duitswes ·

Alles goed & wel met ‘n skurk uit die weg, maar ek ruik lont…hier was ‘n voorafberaamde plan!
Stem, daar is geen lojaliteit tussen skurke nie; die vernufste / sterkste moet oorleef.

johann cb ·

Sy redenasie was seker maar dat dooie mense nie kan praat nie! Sy identiteit is mos nou “veilig”!

philip labuschagne ·

Gedenk die Mau Mau. Het Boere wie geskiet het uit gelos.

Leon Pit ·

Soek geen getuies. Karma is nie rassisties of partydig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.