Rower skiet makker per ongeluk dood ná inwoner terugveg

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

Vier rowers se planne, om by ʼn huis aan die buitewyke van Kaapstad in te breek, is in die wiele gery toe die huiseienaar een van hulle oorweldig het en sy medepligtige dié glo per ongeluk doodgeskiet het.

“Die eienaar van die huis in Crossroads het geslaap toe hy omstreeks 01:00 iemand in sy kombuis hoor loop het. Hy het gaan ondersoek instel en op ʼn onbekende man afgekom, met wie hy in ʼn geveg betrokke geraak het,” het kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, Vrydag gesê.

Die huiseienaar het die verdagte oorweldig, waarna die verdagte om hulp geroep en nog drie verdagtes hul opwagting gemaak het.

Een van die verdagtes het op die huiseienaar geskiet, maar die medepligtige, met wie hy gestoei het, getref. Die verdagte is op die toneel dood.

“Twee van die verdagtes is ook tydens die voorval gewond en een is ongedeerd. Die gewonde verdagtes is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Die ander verdagte is in hegtenis geneem.”

Die polisie het op twee vuurwapens beslag gelê.

“Een van die vuurwapens behoort aan die verdagte wat sy medepligtige geskiet het en die ander vuurwapen aan een van die ander verdagtes. Die vuurwapens sal vir ballistiese toeste gestuur word om te bepaal of dit in ander misdrywe gebruik is.”

Drie verdagtes sal na verwagting op 3 Januarie in die Athlone-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, huisroof en die besit van onwettige vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jan S ·

LOL, hierdie is beslis my gunsteling storie van die week. Is bly die huiseienaar het nie seergekry nie.

CJ ·

Ja die een en ek het ook gelees van verkeersbeamptes wat op mekaar geskiet het (een ook dood) vir “bribe” geld wat hulle van ‘n bus uit Zimbabwe sou kry.

Pieter Koekemoer ·

Lmga ????
Virseker was hulle vol tik of apie twak..

Pmb ·

Karma…… Jammer die ander leef om weer te kan inbreuk!!!!!!

wilma ·

Verdiende loon. Net jammer ni ammal bokveld tu nie. Dankbaar die slagoffer nie beseer nie. Bravo mnr. So moet dit gedoen word.

KP ·

Mooi meneer huisbewoner jy kort n medalje. Die goed kan net moor op weerlose mense sodra jy terug veg vermoor hulle mekaar.

Yster ·

2 Verdagtes gewond. Het hulle op mekaar geskiet. Of was eienaar gewapen . Hoop nie so nie want met nuwe wette het hy meer probleme as dooie rower.Wat van die rower wat die eienaar wou skiet. Is daar dan nie n klag van poging tot moord teen hom ook nie. Hy het mos met voorbedagte rade opgetree. Hy kan nie help hy is so onbevoeg nie. Hy kan bly wees hy het homself nie doodgeskiet nie

Veritas ·

Yster, die wapenwet beskerm die huisbewoner in die sin dat hy geskiet het om sy eie lewe sowel as die van sy familie, te beskerm. Solank hy hulle nie in die rug geskiet het nie, kan daar niks aan hom gedoen word nie.

Jaco Grobler ·

Dit wil gedoen wees, twee vuurwapens, vier kriminele en een ongewapende huiseienaar gee hulle gas. Ek dog Chuck Norris bly in Hollywood?

MOEKIE ·

ag nee arme man word geskiet deur sy eie ou maatjie, so hartseer, wil sommer huil dis vreeslik.hoe het hy dit reg-gekry moet n bietjie na-dink aan sy gedrag,mens skiet nie sommer jou vriende nie, sad,sad en nogmaals sad storietjie, sy gewete gaan hom opvreet

Cherokee ·

Die inligting is uiters skraps, want òf die inbrekers het meer kere mekaar raak geskiet of die huiseienaar het twee van hulle gepot. Indien so is ek verbaas en bly daaroor dat sy vuurwapen nie gekonfiskeer is nie.

KP ·

Niks sad hieraan nie, eintlik baie goeie storie met n wonderlike einde.

Buitestander ·

Die rowers sal eers skietopleidig gegee moet word en teoretiese kennis moet op doen voor hulle vry gelaat sal word. So kan dit nie aan gaan nie.

Max ·

Nog niks op Maroelamedia van die beampte wat sy kollega geskiet het vir omkoop geld nie .

Riaan ·

Veritas, jy se “solank die huiseienaar hulle nie in die rug geskiet het nie is hy veilig”

Dink net …. dis nogal donker in die rondom 1uur in die oggend en met 4 rowers wat teen een man moet dit gaos wees.

Hulle baklei en hulle skiet … een is dood en 2 gewond … Dis’n grap van 2016

Hoe moet die arme huiseienaar nou in die gaos nog reg korrel om seker te maak hy skiet nie iemand in die rug nie.

Wel hy het goed gedoen.

Scalla ·

Ek het die artikel seker al 10 maal gelees en elke keer vat ek iets daarop, cheers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.