Rower slegs ure ná gewapende kaping vasgetrek

Van die goedere waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf.

Twee mans, onderskeidelik 27 en 28 jaar oud, is vandeesweek in twee afsonderlike operasies in Musina deur die Limpopo-polisie vasgetrek.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 27-jarige man is slegs ure ná ʼn kaping in Musina vasgetrek.

“Vier gewapende mans het wapens gerig op vier sakemanne en hul motor gekaap. Hulle is na ʼn afgeleë gebied buite die Musina-sakesentrum geneem en deursoek vir items soos kontant. Die sakemanne is beroof en die gewapende mans het van die toneel gevlug,” het Ngoepe gesê.

Die polisie is na die toneel ontbied en het as gevolg van blitsige reaksie volgens Ngoepe daarin geslaag om ʼn verdagte vas te trek.

Daar is tydens die inhegtenisneming beslag gelê op twee handwapens, ammunisie, selfone en ʼn Toyota Corolla.

In ʼn ander voorval is ʼn 28-jarige man by Beitbrug-grenspos vasgetrek vir die besit van springstof wat in sy bagasie aangetref is.

“Altesaam 49 springstofeenhede is gekonfiskeer. Verlede week is iemand met 281 eenhede vasgetrek,” het Ngoepe gesê.

Albei verdagtes sal binnekort in die Musina-landdroshof verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Se maar net ·

Al die moeite om hul vas te trek en oor paar maande is hulle weer los reg vir nog misdaad. Plaas dat hulle vir eens gebere word maar nee. Die tronke te vol

Pieter ·

Die polisie weet nie wat blitsig beteken nie, behalwe as n perlemoen smous iewers opgemerk word dan miskien.

Haan ·

Ondanks hul swak trekrekord is dit tog lekker as die polisie wél n deurbraak maak.

Weet enige iemand dalk watter model en maak geweer daai eerste foto is? Lyk soos n beretta serie 70 maar dit is nie. Ek sal baie graag wil weet

Coen ·

Dit is snaaks toe ek n kind was was daar baie respek vir die polisie en vandag het hulle n grap geword

HPV ·

Dankbaar ek is nie deel van die polisie nie. Om die hele dag slegs afbrekende kommentaar oor jouself en beroep te hoor kan nie goed vir jou moreel wees nie. Of jy nou goed of sleg doen, die meerderheid kommentaar is negatief.

Duitser ·

Die polisie sou beter komentaar gekry het as hulle meer werk en die misdaad bekamp en afbring ,ongelukkig is die teendeel besig om te gebeur.

Moedeloos ·

Ongelukkig is baie van die polisie net so skelm en kan ons nie anders as om negatiewe kometaar te lewer nie

Manie Strydom ·

Die polisie het dit oor hulself gebring , jare se luihuid en ongedisiplineerde optrede somtyds deel van die skelms hoe moet of kan ons hulle nog vertrou.My kinders sien hulle as iemand wat vermy moet word soos ons vyand hoe tragies is dit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.