Twee mans, onderskeidelik 27 en 28 jaar oud, is vandeesweek in twee afsonderlike operasies in Musina deur die Limpopo-polisie vasgetrek.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 27-jarige man is slegs ure ná ʼn kaping in Musina vasgetrek.
“Vier gewapende mans het wapens gerig op vier sakemanne en hul motor gekaap. Hulle is na ʼn afgeleë gebied buite die Musina-sakesentrum geneem en deursoek vir items soos kontant. Die sakemanne is beroof en die gewapende mans het van die toneel gevlug,” het Ngoepe gesê.
Die polisie is na die toneel ontbied en het as gevolg van blitsige reaksie volgens Ngoepe daarin geslaag om ʼn verdagte vas te trek.
Daar is tydens die inhegtenisneming beslag gelê op twee handwapens, ammunisie, selfone en ʼn Toyota Corolla.
In ʼn ander voorval is ʼn 28-jarige man by Beitbrug-grenspos vasgetrek vir die besit van springstof wat in sy bagasie aangetref is.
“Altesaam 49 springstofeenhede is gekonfiskeer. Verlede week is iemand met 281 eenhede vasgetrek,” het Ngoepe gesê.
Albei verdagtes sal binnekort in die Musina-landdroshof verskyn.
Die polisie se ondersoek duur voort.
- Van die goedere waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf.
- Van die goedere waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Al die moeite om hul vas te trek en oor paar maande is hulle weer los reg vir nog misdaad. Plaas dat hulle vir eens gebere word maar nee. Die tronke te vol
Die polisie weet nie wat blitsig beteken nie, behalwe as n perlemoen smous iewers opgemerk word dan miskien.
Ondanks hul swak trekrekord is dit tog lekker as die polisie wél n deurbraak maak.
Weet enige iemand dalk watter model en maak geweer daai eerste foto is? Lyk soos n beretta serie 70 maar dit is nie. Ek sal baie graag wil weet
Dit is snaaks toe ek n kind was was daar baie respek vir die polisie en vandag het hulle n grap geword
Dit lyk baie soos my Beretta 6,35 maar ook nie…