‘Rower’ steek makker tydens rooftog

Argieffoto van 'n speelgoedgeweer ter illustrasie

Argieffoto van ‘n speelgoedgeweer ter illustrasie

ʼn Vermeende rower wat glo probeer keer het dat sy makker in hegtenis geneem word, moes op die vlug slaan, nadat hy hom per ongeluk met ʼn mes gesteek het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê drie mans het Maandagaand omstreeks 19:00 ʼn winkel in die Johannesburgse sakesentrum binnegekom en geld geëis. Een van die mans was met ʼn speelgoedgeweer gewapen.

“ʼn Veiligheidswag het op hierdie oomblik ingekom en een van die verdagtes in hegtenis geneem,” het Dlamini gesê. “Die ander twee verdagtes het gevlug, maar die volgende oomblik het een van hulle met ʼn mes teruggekeer en die veiligheidswag gedreig. In ʼn poging om die wag te steek, het hy per ongeluk sy medepligtige, wat geboei was, met die mes gesteek.”

Die verdagte het daarna van die toneel gevlug sonder om iets uit die winkel te steel. Volgens Dlamini is die wag ongedeerd en die eerste verdagte nie ernstig beseer nie.

Die verdagte wat deur die wag vasgetrek is, sal binnekort in die Johannesburg-landdroshof op aanklagte van poging tot roof en poging tot moord verskyn. Die polisie is steeds op die ander twee verdagtes se spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jan Makkink ·

Perongeluk kan ook fyn beplan wees. Hy skep ‘n risiko om die ander se besonderhede uit te lap. Plan A die wag en plan B my makker. Elkeen vir homself in die onderwêreld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.