‘Rower’ sterf ná bylaanval by Randfontein-huis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende rower is dood nadat ʼn inwoner van Randfontein hom Dinsdag in die vroeë oggendure tydens ʼn huisroof met ʼn byl verdedig het.

Kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 01:00 in Pelzvale plaasgevind.

“Drie verdagtes het by die inwoner se huis opgedaag en die veiligheidswag buite die huis met ʼn geweer aangehou en gedwing om die hek na die erf oop te maak,” het Ernst gesê.

Die verdagtes het die veiligheidswag daarna gedwing om die huis oop te maak. Hulle het tydens die proses ʼn skoot afgevuur, sonder om iemand te wond.

“Die huiseienaar het intussen wakker geword en gaan ondersoek instel. Die verdagtes het die man gesien en nog ʼn skoot afgevuur, sonder om enigiemand te tref.”

Die man het ʼn byl gegryp en hom daarmee verdedig. Twee verdagtes is ernstig gewond en die derde kon daarin slaag om te ontsnap. Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. By die hospitaal het een van die verdagtes aan sy beserings beswyk.

Die polisie het beslag gelê op die verdagtes se vuurwapen. Die soektog na die derde verdagte duur voort. Die Randfontein-polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Andrè Du Plessis ·

Wat is die weddenskskap laat die huis eienaar vsn moord aangekla word

Cherokee ·

Moet nie jouself in ‘n ding in praat nie. Ek sal jou geld vat want jy sal verloor. Natuurlik sal daar ‘n ondersoek wees want dit sal belaglik wees indien dit nie so is nie. Gewoonlik praat die Du Plessis’e meer sin.

TM ·

Don’t bring a knife to a gun fight….bring an axe. Ek sou al na die eerste bylhou besef het hier kom moeilikheid en gehardloop het maar duidelik het hierdie boewe gedink ons is drie teen een hy sal niks kan doen nie. Ai toggie.

Johann ·

En nou? Hoekom word my standpunt oor bewapenings alternatief gesensor? Of stook dit geweld aan as ek se: siende dat ons subtiel deur ANC wetgewing ontwapen word…is sit dalk n goeie idee om onsself te bewapen met n byl of drie? En dis winter, so ons kan sommer fiks bly en al die ongewenste indringer plante in die tuin uitkap? En die ou dooie bome vir hout?

Eliza-beth ·

Johann en Stefaans – kan nie help om te glimlag vir jul kommentaar. Weet dis ernstig en als maar jul bring darem humor in!Dankie!

Andrea van Vuren ·

Die bylswaaier het dalk ‘n paar lesse by Bruce Lee geleer. Hy’s ‘n held!

Thys ·

Die derde verdagte kon daarin slaag om te ontsnap. Hahaha lmga. Iets vertel my hulle het te groot gehap.

Heinrich ·

Net Suid-Afrikaanse wetgewing wat hulle nog steeds as ‘vermeende rowers’ sal moet beskryf en nie koëlbloedige moordenaars nie!
Net Suid-Afrikaanse wetgewing waar die krimineel binne-in jou huis meer regte het as jy!

Paul ·

Hulle het niemand vermoor in hierdie geval nie. Dus is hulle nie moordenaars nie.

Dis nie weens “Suid-Afrikaanse wetgewing” dat die media na sulke mense as “vermeende” verwys nie. Dis maar dieselfde in alle lande, aangesien iemand wat valslik so beskryf word deur die media, dalk die publikasie kan dagvaar vir naamskending.

Hester ·

Sjoe, janee dit is reg, hulle het niemand vermoor nie (dank die Vader – siende in ander gevalle word daar eers gemartel voor die moord en dan word kleinighede “in ruil” daarvoor geneem) en ook nie ingebreek nie. Hulle was net effe “laat” vir ‘n onverwagse kuiertjie vir tee en koffie – onder gewapende begeleiding!

Paul ·

Hester, die punt is dat dit nie “die land se wette” is wat keer dat Maroela die mense beskryf as “rowers” nie. Dis eenvoudig Maroela self wat besluit dis beter om nie moontlik gedagvaar te word vir naamskending nie.

Natuurlik is dit, afgesien daarvan, ooglopend belaglik om gedurig na “vermeende rowers” of “verdagtes”, ens. te verwys.

Wat as jy toevallig by iemand se huis is terwyl daar ingebreek word en die buurmense het jou gesien by die tuinhekkie uitgaan kort nadat die inbraak plaasgevind het, en dan volgende dag op die koerant se voorblad staan “Hester, die inbreker, word gesoek!” ? Sal jy gelukkig wees daarmee?

Marc ·

Toe ek gister besig was om lastige boomwortels met ‘n byl uit te kap, dink ek by myself hoe grillerig dit sou wees om ‘n mens met hierdie byl te kap. Ek het dit diep gebêre en sowaar is hier vandag ‘n berig oor iemand wat doodgemaak is met ‘n byl!

Oupa D ·

Paul, almal weet wat die wetgewing is. Jou lesing is dus oorbodig. Dit wil egter voorkom asof jy nie ‘tussen die lyne” kan lees nie. Die mense is moedeloos en gefrustreerd met die misdaad-sindroom in hierdie land! Dis waarvan gepraat word.

Great job well done ·

Great meneer, ek kan net sê job welldone, ek is bly jy kon raakslaan en hul mis skiet anders was hier nog ‘n tragedie, wens net die verdomde skurke raak nou op, nouja so leer ons nog iets, skaf maar ‘n ou byltjie aan, sommer ‘n skerp een, dit kan werk!!!! Ek verlekker my nie, maar hierdie manne is gehard en het die sekuriteit se lewe al probeer neem, ja as hul raak geskiet het was dit so en dan nog verder gaan en sowaar die arrogansie ons is 3 geapende manne en jy kan maar kom met jou byltjie, nouja ek is bly jy het ten minste 1 heeltemal uitgesorteer met jou byltjie en die ander volg hom maar! Ek dink nr 3 is die miershoop daar in die straat, hy moes sy as afgeskrik het en hom behoorlik beskyt het!

Wow... ·

Wow, die huiseienaar is òf lekker fris en sterk òf hy is soos blits om homself só uitstekend te kon verdedig!! Respek!

Willem ·

Volgende wat ons gaan hoor is dat ons ‘n lisensie nodig het om ‘n byl aan te hou. En dat die byl ook in ‘n kluis moet bewaar word

Piet ·

Dit sal my nie verbaas nie as daar wetgewing gemaak word wat dit verpligtend maak om enige voorwerp wat as wapen gebruik kan word om jouself te verdedig, te lisensieer. Dit sal items soos byle, alle tuingereedskap, eetgerei, los voorwerpe waarmee jy jouself kan verdedig, ens. insluit, want hoe durf jy jouself verdedig teen kriminele?. Hierdie “bylman” is diep in die moelikheid…hy het iemand van sy/haar/hulle “broodwinner” ontsê en gaan tesame daarmee nog beslis n klag van moord teen hom kry!. Onthou in hierdie land is NIKS te belaglik nie.

Popeye ·

Kapow! Vat so Putty! Ons is nie net slagoffers van julle skuim nie!

Tammy ·

Knap gedoen!!! Die bylman is beslis n man om mee rekening te hou. Ek het die kommentaar baie geniet. As ons begin terug baklei en minder groot indrukwekkende verskonings aanbied sal dit gou beter gaan in hierdie land. Ons sit met n groot klomp lafaards!!!

Vickus ·

Die derde aanvaller het gesien hy gaan seerkry en het gebyl. Hoop hulle vang hom. Hoop nie hy kry byl nie. Dink net hoe gaan hy skrik as die hof vir hom se ” meneer jy kry byl”

Marius strydom ·

Another one bites the dust. Peste die diewe, dit is n jammer dat die ander 1 oorleef het. Miskien volgende keer is dit sy beurt.

Zan ·

Dit klink meer na die oplossing, gebruik hul eie vuil taktiek en immers het jy nog jou vuurwapen sou jy hom nodig kry later. Sou hy geskiet het was sy wapens gevat tot eendag in die verry toekoms wat die saak afgehandel word. Mooi so, begin gebruik hul eie wapens teen hulle

Pieter ·

Maroela, dankie vir julle beriggewing. Ek herhaal egter my opbouende kommentaar van gister, wat skynbaar verwyder is: DIE OPSKRIF VAN DIE BERIG MAAK NIE SIN NIE – DAAR WAS GEEN “BYLAANVAL” NIE (soos reeds uit julle eerste paragraaf blyk)! Indien die inwoner homself (en/of ander) met ‘n byl teen ‘n aanval VERDEDIG, IS HY NIE DIE AANVALLER NIE! Julle opskrif impliseer dat daar eers ‘n bylaanval deur rowers by die huis was, waarna die “rower” gesterf het. “‘Rower’ sterf weens noodweer met byl” sou eerder meer korrek wees. Indien julle van my verskil, verneem ek graag daarvan. Ek is dankbaar dat die inwoners wel ongeskonde daarvan afgekom het – knap gedaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.