‘Rower’ sterf tydens parkpartytjie

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ʼn Vermeende rower in sy 30’s is Maandagaand noodlottig gewond nadat hy en medepligtiges probeer het om ʼn groep mans, wat ʼn partytjie in ʼn park in Johannesburg gehou het, te beroof.

Konst. Mpho Mashakane, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die groep mans was by die Observatory-park in Observatory, naby Hillbrow, toe ʼn groep van vier verdagtes hulle omstreeks 19:00 oorval het.

Die verdagtes was met messe gewapen en een het glo ʼn vuurwapen gehad.

“Die verdagtes het die mans gedreig, deursoek en van hul selfone en beursies beroof,” het Mashakane gesê.

“Een van die slagoffers wou nie deursoek te word nie en het vanself sy beursie en selfoon aan die aanvallers oorhandig. Die aanvallers het daarna die slagoffers se voertuig vir waardevolle items deurgesoek. Terwyl hulle in die voertuig doenig was, het die man wat nie deursoek is nie, ʼn vuurwapen uitgehaal en een van die verdagtes drie keer geskiet. Die verdagte is op die toneel dood.”

Die res van die verdagtes het te voet in die rigting van die rivier gevlug.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en moord.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

KOWIE ·

GOET SO , hulle wil mos ander mense seer maak ,so kry elke hond sy dag .
knap gedaan aan die person wat die dief geskiet het jy kort n’ belonging.

Neptunus ·

Kowie, maar die een kêrel is juis dood omdat hy sommer iemand se “belonging” wou afvat!

Chris Kruger ·

Tipies van ons land se polisie regime om n persoon wat rowers probeer stuit het of probeer verhinder het van moord aan te kla net omdat hy een van hul maatjies bokveld toe gestuur het. Waarom het die polisie nie hul patrollies in daardie gebied gedoen nie ? Is dit dalk omdat van die verdagte rowers hul makkers of familie lid was ?

Driesman ·

Dis nie tipies van die huidige regime nie, dis standaard prosedure

SP ·

Eerste vout was om iemand naby Hilbrow te probeer roof 2de fout was om al hul rue te gedraai het op hul slagoffers maar ek moet se 10 uit 10 vir die skieter hy bewysnet dat ons nog opstaan teen misdaat en geweld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.