‘Rower’ toe glo deel van kleinhoewe-moord

Die vuurwapen wat in die puttoilet gevind is. Foto: SAPD

Die vuurwapen wat in die puttoilet gevind is. Foto: SAPD

ʼn Man wat verlede week in hegtenis geneem is vir die besit van gesteelde goedere, was glo betrokke by die moord op Johan Oelofse op ʼn kleinhoewe buite Louis Trichardt verlede jaar.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Maxwell Sithole (29) is Dinsdagaand in Musina in hegtenis geneem, nadat agt gesteelde selfone en twee rekenaartablette tydens ʼn klopjag in sy besit gevind is. “By verdere ondersoek is Sithole ook verbind met sake van roof, huisbraak en opsetlike saakbeskadiging in die gebiede rondom Louis Trichardt, Waterval en Tshilwavhusiku,” het Otto gesê.

Sithole word ook verbind met die moord op Oelofse in Oktober. Maroela Media het vroeër berig Oelofse is doodgeskiet toe ses aanvallers lukraak op die gesin se huis losgebrand het. Oelofse se vriendin, Miempie  du Toit (42), en Du Toit se twee kinders, Wimpie (10) en Inge (16), het die aanval oorleef.

“Sithole is die tweede verdagte wat in verband met hierdie saak vasgetrek is. ʼn Gesteelde vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgevyl is en wat in die uitvoering van hierdie misdade gebruik is, is in ʼn puttoilet gevind kort na sy inhegtenisneming,” het Otto gesê.

Sithole sal vandeesweek in die landdroshof in Louis Trichardt verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Goeie nuus ·

Wow uitstekende nuus, baie geluk aan die Polisie, baie baie trots op julle!!!!!

Anny Penny ·

Hoop net ni hy word weer gou vrygelaat nie. Al die gesteelde goedere en moord wys duidelik jy is nie rehabiliteerbaar nie

Theresa ·

Fantasties Polisie! Gooi die sleutel asb weg wanneer hy skuldig bevind word – asseblief.

Sarie 2 ·

Hy is ‘n OÙ geslepe kalant & ‘n deurtrapte skelm!!! Daar is gèèn salf aan hòm te smeer nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.