Rower tydens huisroof doodgeskiet

WAARSKUWING: Die foto in die berig is grafies van aard.

ʼn Vermeende rower is Maandagaand in Durban glo deur ʼn werknemer van die weermag doodgeskiet, toe hy en ander verdagtes op ʼn huis in Sydenham in Berea toegeslaan het.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die verdagtes het op die huis toegeslaan terwyl die slagoffers geslaap het.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

“Skote is gevuur en een verdagte is noodlottig gewond. Een van die slagoffers, ʼn vrou, is tydens die voorval gewond en moes na ʼn hospitaal geneem word vir behandeling,” het Zwane gesê.

Zwane het gesê die ander verdagtes kon daarin slaag om te ontsnap.

Die Sydenham-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof, poging tot moord en moord.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

HenkL ·

Behalwe die eienaar wat die skelm en moordenaar geskiet het. Hy is sekerlik daar en dan in hegtenis geneem en die moordsaak is sweerlik teen hom oopgemaak. Dit is rerig so pateties.

Elmarie ·

Ek hoop nie moordsaak is geopen teen die man wat hom self probeer verdedig het nie. Die foto raak my nie!! Gebeur te veel in hierdie krimenele land.

Tom Theron ·

Alle fotos is grafies van aard. Hierdie foto kan wel sensitiewe lesers ontstel.

Jacomien ·

Niks ontstel nie …dit is wel wonderlike nuus dat nog n krimineel verwyder is

Moeksie ·

Nee glad nie ontstellende foto nie. Wat wel ontstellend is, is die pik in die agtergrond. Hulle is bereid om jou met daai ding dood te kap. Gevoellose wetters…….

Winston ·

Misdaad statistiek is intstellend. Nie misdaad tonele en dooie aanvallers nie. Jammer maar dit ontstel my glad nie. Te veel tonele gesien

Ruby ·

Mooi foto.

Ek weet dit is iemand se geliefde maar ons almal maak maar keuses in die lewe.

Em ·

Bly hy het geboet. Oog vir oog. So val hulle een vir een. Crime does not pay. CRIME DOES NOT PAY.

pop ·

Ek kan nie glo dat hulle n pik saamneem om mens mee aan te val nie. Dis erg ontstellend om dit te sien. Die dooie man kan ek hanteer

Sarie Katzke ·

Die poging tot moord kan ek verstaan en dit maak sin. Maar die moordsaak? Dis mos sommer ‘n klomp bollie. Iemand moet nou verdomp wakker skrik!

Takkie Takuuza ·

Daai lelike skoene gaan vir Nataniel onstel.
Krismisvader bestaan nie, so as daar ‘n mens in jou geslote huis inkom, is hy nie daar om geskenke te bring nie, hy kom om jou leed aan te doen. Paraatheid moet ‘n leefwyse wees.

a ·

Ek is ‘n baie sensitiewe mens, maar hierdie foto het geen negatiewe reaksie by my ontlok nie. Plaas asb nog stories waar die moordenaars afgemaai word met fotos

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.