Rower tydens Pta-huisroof doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Rower is Vrydagaand tydens ʼn huisroof doodgeskiet.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn man (28) en sy vriendin was omstreeks 18:30 in hul huis in Faerie Glen in Pretoria besig om te braai.

“Twee aanvallers het die huis binnegekom en die paartjie begin dreig. Een verdagte het die man in sy linkerskouer geskiet. Die man was egter ook gewapen en het teruggeskiet,” het Weilbach gesê.

Die een verdagte is op die toneel dood terwyl die ander daarin kon slaag om van die toneel te vlug in ʼn wit motor met ʼn onbekende registrasienommer.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê hulle is omstreeks 18:50 na die toneel ontbied. “Ander nooddienste was reeds besig om die man te behandel en het hom na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer,” het Siddall gesê.

Niks is tydens die voorval gesteel nie en daar is beslag gelê op die rower se ongelisensieerde vuurwapen.

Die polisie in Garsfontein ondersoek sake van poging tot moord, poging tot huisroof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word ook gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Joe Olivier ·

Nog n rede vir aansoek van vuurwapenlisensie in SA. ” Ek wil veilig kan braai”

snoefie ·

feit soos n koei.
vir nou Ernst. na die geregtelike ondersoek????

Donderstorm ·

Oorsee in die VSA het hul in verskeie state die “Castle Doctrine” wat jou as huiseienaar beskerm as iemand inbreuk hul vat dit as n “justifiable homicide”

Zeus ·

Welgedaan. As jy voorberei en bewapen is kan jy jou eie lewe beskerm. Ek hoop almal leer uit die voorbeeld.

Michael ·

Baie baie goeie nuus mense dit is hoe misdaad gestop word .

Jan ·

Ek kan my volkome met elke vorige kommentaar vereenselwig. Die rower sal nooit weer iemand anders se lewe bedreig of verwoes nie.

Susan ·

Ek stem. Ons mense word gedwing om die reg in eie hand te neem en ons self te verdedig.

Hendrik ·

Ek is nog steeds oortuig ‘n manlike persoon se kanse om so aanval te oorleef is net 30%, weerstand of nie. Die rower het geskiet om dood te skiet, nie om die man te wond nie. Gelukkig was die man gewapen. Andersins was hy weer geskiet.

Basson ·

Inderdaad, so rukkie terug na ‘n insetsel geluister waar die persoon vertel het hoe sy navorsing aangetoon het hoekom wit mans so spesifiek (gewoonlik met opset geweldadig) ten aanskoue van gesin vermoor word. (Tipe ‘ terrorisme’)

Wern ·

Geluk, jy was gereed, anders was julle al twee dalk nie meer hier nie. Almal moet gereed wees vir aanvallers en julle self vrymoediglik verdedig.

Ben ·

Wonderlik! Dit moet ordentlike mense se nuwe leuse word – “Skiet terug”

Kom ons kyk hoe lank voor die redakteur “Delete” gaan druk? (Alhoewel dit net logiese en vanselfsprekende raad is).

Catryn ·

Is reg, verdedig jouself – kan nie sien hoekom moet mens stilsit en stilbly … geen inbreker kom net om te steel as hulle ‘n vuurwapen dra nie. Iemand wat honger is sal by jou hek staan en jou aandag trek en kos vra, nie inbreek en jou martel/vermoor nie.
Moet nooit op niks reageer as iemand jou iets vra by jou hek nie, gewoonlik lok hulle jou uit om jou dan by te kom, ander wag net om die hoek vir jou.

Stev ·

Welgedaan !!! Goeie werk ! Hoop jy herstel spoedig en sonder enige komplikasies.

Oorgehaal ·

Ook ek Sputnik is oorgehaal reeds die laaste 40 jaar. In 2000 my vuurwapen nodig gekry met ‘n poging van diefstal van my bakkie in Pretoria. Dra jou wapen 25 uur per dag en 8 dae per week.

Siener van Melbourne ·

Dit was ‘n reuse braai gedoente. Die slagoffers het gebraai terwyl die booswigte se kierentjies gebraai het. Hoe’t die dominee altyd gesê; Draai of braai. Hopenlik sal die gereg nie die slagoffer ook aankla nie, want hulle is to so lief om mense wat hulself verdedig ook aan te kla.

Manna ·

Dis verblywend om te sien dat mense paraat raak. Ongelukkig is daar nog so baie wat dink dit kan nie met hulle gebeur nie. En ek wil ook noem misdaad is nie ‘n wit teen swart ding. Baie swart mense ly erger onder misdaad. So ek dink wit en swart het gesamenlike vyand. MISDAAD

Gatvol ·

As daar tydens elke rooftog slegs een rower doodgeskiet word, sal roof ‘n minder populêre joppie/stokperdjie vir die gewetenloses wees.

piper ·

n groot probleem is ons tronke en die kostes daarvan. waar ek woon in die oos-kaap is die plaaslike tronk se bevolking 7000 @ R 150.00 PER DAG wat jou net meer as n miljoen rand per dag. dink net wat al die tronke in die land die belastingbetalers kos. elke jaar is daar 18000 moorde. as die helfte gevang en gevonnis word is daar elke jaar net vir moord 9000 meer gevangenisse, so al wat kan help bring doodstraf terug vir moord, verkragting, gewapende roof en handeldryf van dwelms.

A. Mac ·

As mense wat aangeval en geterroriseer word meer kere soos bogenoemde persoon optree sal die misdadigers kennis neem en begin om hulle misdadige aktiwiteite te heroorweeg. Ons moet onsself bewapen op die regte manier dat as daar iets soos hierdie gebeur dat ons kant van die wet reg is.

Chris Ws ·

A.Mac,ek stem met heelhartig saam.As al ons mense net hulself wil paraat kry.’n handwapen in ‘n kluis toegesluit is geensins paraat wees nie.Dra hom aan jou.

Nita ·

Ja swartes ly ook onder misdaad. Maar hoeveel witmense is verantwoordelik vir kriminele dade teen swartes. Uiters min en dan word dit uigebasuin oor hoe wreed die wittes is. Maar wrede sinnelose marteling en moorde teenoor wittes, word stil,stil onder die mat ingevee.

Lulu ·

Ek stem saam met Gatvol. Beide ek en my man besit elk n vuurwapen, en wanneer daar gebraai word is elkeen van ons gewapen. En ons woon in n sekurteits kompleks daarby. So behoed die een/of hulle wat moeilikheid met ons gaan soek. Ek se maar net.

MeisieMens ·

18:30 op ‘n Vrydagaand… Mense, kan ons nie meer eens net ‘n vleisie na ‘n lang week braai nie. Die skelms breek nie meer deur die nag in nie, val jou sommer vroegaand aan. Wat word van ons land en mense? Maar die soort skelm is nie ons land se mense nie, daarvan is ek seker… My man se ek is oorbeskermend, maar ek lees nuus, en dit verander jou lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.