‘Rower’ vas toe hy uit wegkommotor val

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Vermeende rower word onder polisiebewaking in ʼn Wes-Kaapse hospitaal behandel nadat hy glo uit ʼn wegkommotor geval het en deur ʼn veiligheidswag in sy arm geskiet is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Woensdagoggend by ʼn winkel in West Beach, Kaapstad gebeur. Twee polisiebeamptes was glo by ʼn vulstasie besig om brandstof in te gooi, toe hulle ingelig is dat ʼn rooftog by ʼn winkel in ʼn nabygeleë inkopiesentrum aan die gang was.

Vyf verdagtes het glo die winkel betree en ʼn veiligheidswag van sy vuurwapen, handradio en motorsleutels beroof, het Van Wyk gesê. “Die polisiebeamptes het gereageer en gesien hoe die vyf verdagtes by ʼn deur aan die agterkant van die winkel uit vlug en in ʼn wegkommotor spring,” het hy gesê.

“ʼn Kort ent verder het een van die verdagtes uit die motor geval, opgespring en probeer om te voet te vlug. ʼn Veiligheidswag het agter die verdagte aangehardloop en die verdagte het sy vuurwapen op hom gerig. Die wag het gereageer deur die verdagte met sy vuurwapen in die arm te skiet.”

Die twee polisiebeamptes het die verdagte op die toneel in hegtenis geneem en beslag gelê op die vuurwapen in sy besit. Daar is later vasgestel dat dit dieselfde vuurwapen is wat oomblikke vantevore by die veiligheidswag in die winkel geroof is.

Volgens Van Wyk is die verdagte op die toneel behandel voordat hy onder polisiebewaking na ʼn hospitaal vervoer is. Die ander vier verdagtes is nog op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Dit sal hom leer om vooraf te oefen om suksesvol te kan ontvlug . . .

Andre ·

Hoekom word misdadigers, wat onskuldige mense sonder huiwering sal doodmaak of beseer, altyd behandel op die toneel of na ‘n hospitaal geneem? Verdien hulle dit? Ons belastingbetalers moet opdok om hulle te help herstel. Dan doen hulle net weer dieselfde.

Andre K ·

Andre, die ouens moet leer om te skiet sonder om te wond !

Cherokee ·

Andre, miskien sou daardie verdagte rower skarmunkel die veiligheidswag verbind en verpleeg het as hy hom raak geskiet het. Gelukkig het die wag nie gewag nie en eerste geskiet.

Ander André ·

10 uit 10 vir die sekuriteit. Maar dit bly nogsteeds vir my een GROOT grap. Sou daar wou wees om dit te aanskou…….die rower wat uit die wegkom voertuig val. Klink vir my na ‘n “Comedy movie”. LMGA!!!!

m ·

Hierdie ou het dalk n McGyver op homself probeer trek en toe werk dit nie. Ha ha, kriminele word ook al dommer.

A.G ·

Andre ek stem volkome saam hoekom moet hierdie misdadigers wat in mislukte kapings, rooftogte ens behandeling ontvang. Sluit hulle somier toe en los hulle oor aan die genade.

Janneman ·

Kan iemand my asb verduidelik hoekom daar so baie misdaad in n provinsie is wat so ordelik regeer word en waar die nasionale meerderheid (oorgrote tronk populasie) in die minderheid is ? Of word dit net beter gerapporteer?
Nee, ek is nie sarkasties nie, ek stem vir die DA. Ek is van KZN en verstaan dit net nie lekker nie.

Cherokee ·

Dit gaan maar oral so dat die DA nie lekker verstaan nie. Dit is dus nie vreemd nie.
Siener het gesê die DA en die EFF gaan koaliseer en moet nie dink dat dit beter sal gaan wanneer julle en die EFF een is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.