‘Rower’ vas wat glo polisieman doodskiet

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Die Valke in Mpumalanga het Saterdag ʼn 23-jarige verdagte in hegtenis geneem meer as ʼn jaar nadat ʼn polisiebeampte aan diens doodgeskiet is.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê konst. SJ Hlongwane is in die vroeë oggendure van 18 Julie 2015 doodgeskiet terwyl hy aan diens was by die Vaalbank-polisiestasie. “Omstreeks 02:00 die oggend het Hlongwane en sy kollegas inligting ontvang dat ʼn huisroof aan die gang was en het hulle na die toneel gehaas,” het Sekgotodi gesê.

“Met hul aankoms by die huis, het verdagtes op die polisiebeamptes begin skiet en Hlongwane is doodgeskiet. Sedertdien het die Valke onverpoos gewerk om die verdagte vas te trek.”

Sy het gesê die verdagte sal Maandag in die Vaalbank-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KarooKlong ·

Goed gedoen Valke.
Openbaar ook dat julle goeie inligting van die publiek opgevolg het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.