‘Rower’ verdrink toe hy ontsnap

Die Dieretuinmeer. Foto: JoburgParks/Facebook

Die Dieretuinmeer. Foto: JoburgParks/Facebook

ʼn Vermeende huisrower het verdrink kort nadat hy uit aanhouding ontsnap het.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê twee mans is Maandag in hegtenis geneem op aanklag van huisbraak en diefstal. Hulle is na die Parkview-polisiestasie in Johannesburg geneem waar hulle kort daarna ontsnap het.

Volgens Makhubele het een van die verdagtes in die Dieretuinmeer gespring in ʼn poging om van polisiebeamptes af weg te kom. “Beamptes het die man versoek om uit die water te kom maar hy het geweier. Hy het begin wegswem en kort daarna in die moeilikheid beland en verdrink.”

Die ander verdagte is weer in hegtenis geneem. “Die saak is na die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat verwys vir verdere ondersoek,” het Makhubele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kobus ·

Crime does’nt pay….erns gaan jy dink die tou is nog lank…dan sien jy jou g.t

Buitestander ·

Waarom die onafhanklike polisie ondersoekdirektoraat betrek?

Swem jannie ·

Seker omdat die polisie nie ingespring en gehelp het nie. Ek wonder of hulle kan swem? As dit is omdat hulle reg en geregtigheid wil geskies, mooi so!

Sarie ·

Hy kon seker ewe goed swem, as bestuur. Ons tuinjong vra so ‘n pààr maande gelede vir mý, of hý maar my motor voor die agterdeur kan intrek sodat hy hom kan was… Ek woon in ‘n meenthuis-kompleks… Hy besit niè ‘n motor nie, maar verseker my dat hy kàn bestuur. Mense, ek het byna gedood! Dààr sit hy agter my motor se stuur & ek besef binne ‘n minuut, dat hy glàdnie kan bestuur nie.!!! Hy ref die enjin, dat dit klink of dit gaan ontplof & ek sien die angs op sy gesig toe hy besef hy weet nie wàt om te doen nie. Hy konnie eens sy voet vd pedaal afhaal nie & ek staan ‘n paar treë weg vd motor af. Ek is gestremd, maar in ‘n oogwink staan ek met my motorsleutels in my hand!!! Ek het my hand deur die venster gedruk, die motor afgeskakel & die sleutels uitgepluk & DIT, sònder my “walker”!!! Ek spààr julle maar die rès…

Sus ·

Ek weet nie……die polisie is deesdae baie ‘trigger-happy’. Het die skelm dalk in ‘n koeël vasgeswem voor hy verdrink het?

Joey ·

Ag tog Sus, dieselfde ou treurige deuntjie! Die Polisie is trigger happy, die polisi moes verdagte dood geskiet het, die polisie doen nie hull werk nie bla bla bla. Die arme polisi kan nooit iets reg doen nie. Verdomp man sit jouself in hulle skoene daagliks, doen wat hulle doen, face wat hulle face. Los jou famili kersdag, verjaarsdag ens by die huis om ander mense te gaan oppas.. eers dan kan jy ‘n opinie he. Ons polisie is nie engeltjies nie maar daar is ouens en vrouens wat daai goue ster nog met trots dra en verseker ‘n verskil probeer maak. Ek verseker jou jy is 1 van die eerstes wat om hulp skree en vra hoekom polisie nie opgetree het as iets met jou familie gebeur

anton ·

Joey…. jy is seker in die polisie?
Glo my daar is baie mense wat nie eers die moeite sal doen om die polisie te vra vir hulp nie.
Die publiek het lankal hul vertroue in polisie verloor en dit is nie die publiek se skuld nie.
En moet tog nie vergeet dat dit n persoon se keuse is om by die Sap aan te sluit, dus as jy kersdag en ander dae moet werk, dan is dit maar so.

Joey ·

Glad nie Anton ek kom nie eers uit ‘n familie met enige lede nie maar as mens ‘n halwe breinsel het sal jy weet wat hulle almal op offer. As almal soos jy geld najaag en dan glad nie aansluit by die SAPD nie gaan ons met nog groter probleme sit as waarmee ons reeds sit

anton. ·

Joey…….n halwe breinsel??? Dit grens darm nou na aan n belediging maar ek sal dit vat van wie dit kom!
En wat laat jou nou vir een oomblik dink dat ek geld najaag? Moet asb. nie van goed praat wat jy niks van weet nie!
En die goed wat jy kwytraak maak elkeval nie sin nie.

Leon C ·

Hier is n les om hieruit te leer. As jy wil gaan steel. Leer eers hoe om te hardloop Dan te swem en mees belangrik hoe om bullets te dodge.

Andre ·

Ek dink die groot vraag is: Hoe het hulle ontsnap in die eerste plek. Sekerlik kan ons mense van die gereg agter kom dat die ontsnapping syfer verskriklik gestyg het oor die laaste ruk. Daar is ‘n probleem! Vat jou statistiek en soek ‘n oplossing. As hy nie die wet in die eerste plek oortree het deur ander mense se regte te ontbreek nie het hy nie verdrink nie. As hy nie weereens die wet verbreek het deur te ontsnap nie, het hy nie verdrink nie… Antwoord die vraag, hoe het hy ontsnap en antwoord die vraag hoe gaan julle die probleem oplos. Ek kan nie dink die probleem le so seer by die polisie as by die aanhouding fasiliteite nie…

Hannie ·

Sies hou op kriteseer, sluit by die polisie aan dan praat ons weer.

Klippie ·

Net mense wat KRITESEER spel, mag deesdae by die polisie aansluit. Ons kan spel.

Positive ·

Ek stem saam, nie al polisie mense is corrupt nie. Maar ja, dit maar nie saak of dit trigger/bullet of verdrink was. Die punt is, hierdie ene sal nooit meer steel nie. En dit is wat saak maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.