Rower wat bejaardes oorrompel, beroof moet 25 jaar sit

Luthando Tana moet ‘n gesamentlike 25 jaar tronkstraf uitdien. (Argieffoto: Unsplash)

ʼn Rower wat ʼn bejaarde egpaar van Gqeberha (Port Elizabeth) in hul huis oorval en beroof het in ʼn voorval wat ook die lewe van ʼn 83-jarige slagoffer geëis het, moet 25 jaar agter tralies deurbring.

Die hooggeregshof in die stad het Luthando Tana (30) altesame vyf jaar tronkstraf opgelê vir huisbraak met die doel om te roof, 20 jaar tronkstraf vir roof, agt jaar tronkstraf vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en 10 jaar tronkstraf vir strafbare manslag.

Die vonnisse vir huisbraak en aanranding word gelyklopend met die ander vonnisse uitgedien.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê Martha Snyman (83) en haar man, David (76), is in Mei verlede jaar in hul huis in Rowallan Park aangeval.

Tana het deur ʼn oop agterdeur die huis binnegesluip en Martha Snyman in die gang oorval.

In die struweling is haar kop teen ʼn muur gestamp en sy het geval.

Tana is daarna na die sitkamer waar hy David Snyman oorrompel het. Hy het twee selfone, kontant, juwele en ander huishoudelike items gebuit en gevlug.

David Snyman het ligte kopbeserings opgedoen, maar sy vrou het op die toneel beswyk.

Vyf dae later het ʼn speurder van Kabega Park, die triospeurspan van die Nelson Mandelabaai-distrik en lede van die honde-eenheid verskeie huise in die Kuyga-gebied deursoek en op die meeste van die gesteelde items afgekom.

Onder die items was Martha Snyman se diamantring, twee selfone, ʼn DVD-speler, ʼn horlosie en ʼn jas. Teen daardie tyd is die gesteelde items reeds verkwansel.

Tana is dieselfde dag ook aangekeer.

Brig. Thandiswa Kupiso, waarnemende kommissaris van die Nelson Mandelabaai-distrik, het die vonnis wat aan Tana opgelê is, verwelkom en die ondersoekbeampte vir sy werk geloof.

“ʼn Onskuldige lewe is verloor weens die gulsigheid van die beskuldigde. Misdadige aanvalle op ouer mense is ernstig en geregtigheid het geseëvier met die beskuldigde se lang tronkstraf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frikkels ·

En ñ renoster stroper kry 16 jaar, maar ñ moordenaar kry straf vir manslag! Wat ñ wonderlike regstelsel het ons !

Swerwer ·

En na 5 jaar gratis verblyf en kos is hy weer vry om die volgende slagoffers se lewens te eis.l.
10 jaar vir moord.
Ai , ons regstelsel is darem maar net ten guste van hul broeders
Die ander ding wat my pla, as ‘n blanke moord pleeg kan die media nie genoeg publiseer nie en foto’s van die beskuldiges word oral wyd en syd vertoon en gepubliseer. Wanneer moord/plaasmoorde gepleeg word deur anderkleuriges, is daar wynig media dekking van die beskuldige/beskuldiges.

Vernon ·

Ja nee…5+20+8+10=….25 jaar…..en na 5j word hy gelos omdat die tronke te vol is….belaglik. Bring die tou terug.

Di ·

“OUR PEOPLE” word mos beskerm deur die ANC regering! Dis die hoofrede hoekom hierdie sinnelose aanvalle op blankes nooit sal eindig nie. Hulle word in teen deel ooglopend aangemoedig deur sekere politieke parye soos die EFF. Ek glo vas dat geregtigheid wel eendag sal geskied, al is dit nie hier op aarde nie. Rekenskap sal jy gee, dis verseker!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.