Nicholas Mkhanyiseni Mdluli (50) wat in Oktober 2014 betrokke was by ʼn transitorooftog, het vandeesweek sy lot in die Pietermaritzburg-hooggeregshof gehoor.
Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê Mdluli is tronkstraf van 25 jaar opgelê.
Mdluli en sy makker het glo veiligheidswagte wat geld na die Gingindlovu-omgewing vervoer het, aangeval.
“Hulle het skote afgevuur op die voertuig totdat dit tot stilstand gekom het en toe petrol oor die voertuig uitgegooi en gedreig om dit af te brand. Hulle het die wagte opdrag gegee om uit te klim en hulle van hul wapens en ʼn onbevestigde hoeveelheid kontant beroof,” het Mhlongo gesê.
Die polisie het na die toneel reageer en ʼn skietgeveg het tussen die rowers en die polisie uitgebreek. Mdluli is in hegtenis geneem.
“Die Valke het inligting opgevolg en ʼn tweede verdagte, Slalakuliwa Welcome Msimango (48), is later in hegtenis geneem. Daar is drie ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in sy besit aangetref.”
Msimango is tot agt jaar tronkstraf gevonnis.
doe middelburg doodskis duo het noe petrol gegooi nie, hulle het nie geroof nie. hulle het hoogstens R1 000 boete verdien.