‘Rower’ weer vas ná ontsnapping uit polisieselle

Een van die verdagtes wat ontsnap het. Foto: SAPD

Een van die verdagtes wat ontsnap het. Foto: SAPD

Een van die drie gevangenes wat vroeg Donderdagoggend uit die selle van die Primrose-polisiestasie in die ooste van Johannesburg ontsnap het, is weer vasgetrek.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is in Bertrams in hegtenis geneem ná ʼn wenk van die publiek.

Dlamini het vroeër gesê die drie mans het omstreeks 01:00 deur ʼn gat in die muur van hul sel ontsnap. “Die polisie het gesien hulle het ontsnap toe hulle die sel besoek het. Die polisie het bourommel in die sel ontdek en gesien daar is ʼn gat in die muur bo die toilet,” het hy gesê.

Die verdagtes het vermoedelik ʼn onbekende voorwerp gebruik om ʼn gat in die muur te maak waardeur hulle ontsnap het. Die drie, tussen 25 en 28 jaar oud, is aanvanklik in hegtenis geneem vir sakeroof, huisbraak en die besit van dagga.

Volgens Dlamini sal die verdagte wat weer in hegtenis geneem is, nou ook tereg staan op aanklagte van ontsnapping uit aanhouding wanneer hy Vrydag in die Germiston-landdroshof verskyn. Die polisie het nie onmiddellik bekend gemaak watter een van die drie verdagtes weer in hegtenis geneem is nie.

Die soektog na die ander twee verdagtes gaan voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leeutjie ·

Sjoe….maar ek is bly hulle is vas!! My oe het voorwaar gerek! Beslis nie hulle mooiste fotos nie.

Henry ·

Die twee met die halfmaan oë se pappegaaislaai het duidelik te veel pitte in gehad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.