Rowerkoeël eis lewe van sakeman by vulstasie

Cobus Fourie is by ‘n vulstasie in Klerksdorp doodgeskiet. (Foto: Facebook)

Die eienaar van ʼn vulstasie in Klerksdorp, Noordwes, is doodgeskiet toe rowers hom op die perseel oorval het.

Cobus Fourie (42), ʼn pa van twee, is Maandag om 12:36 by ʼn Engen-vulstasie in Ellaton doodgeskiet.

Sers. Amogelang Mabihi, polisiewoordvoerder, het gesê Fourie het uit die winkel gestap en was glo op pad na sy voertuig toe drie gewapende mans met klapmusse hom oorrompel het.

“Hy is in die bors geskiet en van kontant beroof voordat die verdagtes in hul eie voertuig gevlug het,” het Mabihi gesê.

Volgens haar is Fourie na die Wilmedpark-hospitaal gehaas.

“Hy is by sy aankoms daar dood verklaar.”

Fourie se vrou, Nicolene, het ʼn hartroerende boodskap op Facebook aan hom geskryf.

“My hart is stukkend. Ek weet jy is nou op ʼn beter plek, net jammer ek en ons kids is nie saam met jou nie. Dankie vir 13 jaar saam,” het sy onder meer geskryf.

“Ek het jou bitter baie lief en sal nooit ooit weer iemand so lief hê nie. Saggies rus, my lief.”

Nicolene het ook diegene bedank wat die gesin in die tyd ondersteun.

Honderde boodskappe van medelye is intussen op sosiale media ná Fourie se dood met sy familie gedeel. “Ek het nie woorde nie, ek het niks. Ek lê julle vanaand by Jesus neer,” lui een van die talle boodskappe.

Mabihi het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en gewapende roof, maar niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

Fourie se begrafnisdiens is Saterdag om 10:00 in die NG Kerk Doringkruin in Klerksdorp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

J ·

Inside job. 2020- die jaar dat die haat vir die blanke nog meer gaan word.

Anton ·

J ag asseblief…..Jy is verdomp negatief! Is jammer wat gebeur het met die sakeman my innige mee gevoel met sy familie. Ek bid vir julle.

Annelize ·

Michael P, as die spreekwoordelike “penny” teen hierdie tyd van die geveg nog nie vir jou “gedrop” het nie, sal jy NOOIT weet wie agter die moorder sit nie.

Jansen ·

Die skeppers van armoede en geweld sit agter die moord. Baie maklik om die legkaart te bou.

KO ·

asb, susan hoekom iemand doodskiet as jy hom wil roof vir geld.
Hierdie is n haat teen beskaaftheid, dit gaan nooit verander nie.

pan ·

Ek stem nie saam as jy wil roof vat en gaan as gekyk word na die plaasaanvalle,mense word met strykyster gebrand,hoekom? Kinders word in oonde gesit ,n 80 jarige word vir 3 ure gemartel.Ek glo nie dit is roof nie ek dink dit is haat intense haat wat julle leiers en president aanblaas met hulle eenvoudige uitsprake soos Ramaposa voor kersfees dat die boere invallers was en die zoeloes hulle grond verdedig het.

Bloedhond ·

Daai arme gisin wat moet agterbly is vir my soos ñ dolk in die hart.

Jaco ·

Ai Nicolene. Ek ken jou nie, maar is uiters jammer vir jou onvervangbare verlies en uiterse seer, ons leef in n baie baie bose land. Mag jy berusting vind.

Dom Vraag ·

Baie van die mense in die mooi land van ons is vrot en dit sal nooit verander nie en so maak hulle ook ander mense vrot sal nooit ophou nie, want niks gebeur as hulle gevang word nie, geen straf

Pieter ·

Vir so lank as wat ons blankes nie gaan standpunt in neem vir so lank gaan die land se probleme aan hou dit is so maklik soos dit

pan ·

Ons moet n onafhanklike tuisland kry jy kan nie jou wette wil afdwing in n ander man se huis nie.

Dries ·

Ja broer dalk moet ons by die mense van hong kong gaan leer hoe neem n mens standpunt in want ons blankes het nie n idee nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.