Rowers blaas kitsbank by vulstasie op

Die winkel se deur wat beskadig is. Foto: Verskaf

Die winkel se deur wat beskadig is. Foto: Verskaf

Die Noordwes-polisie is op soek na ʼn groep verdagtes in ʼn wit Nissan X-Trail wat Woensdag, in die vroeë oggendure, ʼn kitsbank by ʼn Sasol-vulstasie opgeblaas het.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die sportnutsvoertuig, met ʼn onbekende hoeveelheid verdagtes, het omstreeks 03:00 by die vulstasie in Golfview in Mahikeng stilgehou.

“Werknemers in die vulstasiewinkel het gesien die sportnutsvoertuig hou stil en een van hulle is na buite om te help toe skote afgevuur is,” het Mokgwabone gesê.

Hy het gesê die werkers het skuiling gesoek, waarna hulle ʼn ontploffing gehoor het.

Die verdagtes het ʼn Standard Bank-kitsbank opgeblaas en met ʼn onbekende hoeveelheid kontant van die toneel gevlug.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gesiggie ·

Weereens so n maklikke rooftog? Waar is security? dit baie vroeg in die oggend… maar dit is juis dan wanneer hul toesak” Is daar dan niemand wat kan toesien dat so iets nie gebeur? Enige vulstasie moet eintlik n security wag aanstel? Hul kon die winkel ook leeg steel, die werkers sou net skuiling gaan soek…Maar daar is seker kameras”

oumatjie ·

Nou moet julle my help.
Wat is n sportnutsvoertuig?
Ek ry n ou motortjie sonder n oulike naam.
Is die ene vinnig en watse nut het hy?
Ja ek weet google is daar maar ek hetnie altyd vrye toegang tot dit nie. Dankie julle.
Ek hoop die klomp boewe word vasgestrek.

Vixie ·

Hi Oumatjie, dit is die mooi Afrikaanse woord vir SUV – Sports Utility Vehicle. Weet self nie mooi wat die nut van die ding is in Engels of Afrikaans nie, behalwe dat hulle duur is, lyk of hulle kan swaar wees op brandstof, mense wat hulle bestuur (nie almal nie!!) kyk teen hul neuse af na ons grondkruipers, mooi, jong mammas is baie lief vir hierdie voertuie, want hulle is veilig om die kleingoed in te vervoer … mits die mooi jong mamma die kleinding in ‘n karstoeltjie vasgespe bygese.

NEL ·

Oumatjie, ek gebruik myne vir my gerief as en wil 4×4 of net in die veld wil rondry. Hulle gebruik die gesteelde sportnuts motor om ‘n klom diewe in telaai en die een na die ander rooftog te doen soos om banke opteblaas. Verseker is die rewolwer of geweer waarmee die skote afgevuur onwettig in hulle hande en dit mag dalk ook wees dat dit een van die wapens is wat deur die polisie as vermis aangegee is.Gessigie jy praat van sekuriteit aanstel, nodeloos om te se 90% van die diefstal gevalle is die sekuriteit betrokke by die aanvalle.

Anesta ·

Ons bly in Mafikeng, daardie vulstasie word geteiken, want jy kan maklik wegkom en ek kan julle verseker dit is nie ‘n inside job nie. En hulle het eers die kitsbank opgeblaas en toe ook die kluis in die garage. Hulle het eers na die tyd geskiet.

Pieter ·

Die polisie is opsoek na n ” Nissan XTRAIL” n “Sportnuts voertuig”, MAAR die werknemers het n “Bakkie” sien stil hou?

Ek reken julle gaan redelik lank soek vir n Bakkie wat soos n Xtrail lyk en anders om!

Landi Slatter ·

Dagsê Pieter

Baie dankie vir jou terugvoer. Dit was inderdaad ‘n sportsnutsvoertuig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Frederik ·

Ou kalante. Hul weet presies wanneer die SAP(Diens?) op hul lekkerste slaap.

Pieter ·

Met die konstante verhoging van die brandstof prys, moet n mens maar vernuftig en kreatief raak, om jou “sportnutsvoertuig” of ” Bakkie” se tenk vol te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.