Rowers brand los op VF Plus-lede in Meyerton

Kobus Hoffman (Foto: Kobus Hoffman/Facebook)

ʼn VF Plus-wetgewerlid in Gauteng het Maandagmiddag byna deel van die land se misdaadstatistieke geword toe swaar gewapende rowers op hom en ʼn party-personeellid geskiet het.

Kobus Hoffman en Pierre Wheeler was in hul kantoor in Lochstraat in Meyerton toe hulle mense om hulp hoor roep het vanuit ʼn aangrensende gebou.

“Hulle het na die gebou gehardloop waar sowat ses rowers besig was om ʼn juwelierswinkel te beroof,” sê Kobus Hoffman, VF Plus-lid in die provinsiale wetgewer.

ʼn Skietery het tussen die rowers en die VF Plus-lede ontstaan waarna die rowers met 600 silwer ringe en goue kettings in ʼn wit Mercedes-Benz gevlug het.

Hoffman is lid van die portefeulje gemeenskapsveiligheid in die Gautengse wetgewer.

Die rowers is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andre ·

Volpunte vir die manne wat reageer het, meeste mense sou absoluut niks gedoen het nie

Papsak ·

Danksy korrupte polisie daarom is hulle nog op vrye voet want hoekom dit is wit wat aan geval is draai dit om dan sou die polisie verskriklik vinnig op tree

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.