Rowers brand vrou met plastiek tydens plaasaanval

Doulina en Armand Slabbert. Foto: Facebook.

Doulina en Armand Slabbert. Foto: Facebook.

Die hoof van ’n kleuterskool naby Pongola in KwaZulu-Natal is oor die naweek tydens ʼn plaasaanval met brandende plastiek gebrand en gemartel, het Beeld Dinsdag berig.

Volgens ’n buurman het vier rowers Saterdag omstreeks 14:00 op Armand en Doulina Slabbert se plaas toegeslaan.

Armand bedryf ’n kwekery op die plaas, en Doulina ’n kleuterskool.

Jess Strumpfer, hul buurman, het Maandag gesê die rowers het Doulina buite die huis oorval en in die huis in geneem waar Armand gestort het.

Die rowers het Armand se gestremde broer in die huis vasgebind en die egpaar na hul slaapkamer gedwing, waar hulle geld en vuurwapens uit die kluis gesteel het.

“Hulle het Armand en Doulina vasgebind, plastiek aan die brand gesteek en dit op Doulina se maag laat drup,” het Strumpfer gesê. Hulle het haar glo gemartel om Armand te dwing om te sê waar al hul waardevolle besittings is.

Die verdagtes het die sleutels van die egpaar se twee bakkies gevat, maar Armand kon intussen loskom en het die aanvallers teengestaan. Die aanvallers het sonder die bakkies gevlug.

Doulina is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en later ontslaan.

Die Slabberts kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Kol. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Dries Booyens ·

Die moorde gaan meestal oor ras, dit word tyd tyd dat gekyk word watter ras doen die wreedaardige dinge. Almal in die land weet maar jy mag nie se nie. Mense wat ander mense van dieselfde ras roof, martel hulle ook nie, so dit is haat wat nou in die prentjie kom. Dit gaan op een of ander staduim erge reaksie tussen rasse ontlok wat die sweer sal oopmaak tot op die been sodat dit kan genees.

boer ·

Ek weet hoe jy voel en jy is reg, dit gaan oor baie meer as net om te roof. Hierdei is meer n skrik bewind om ons boere op die plase te laat trek sodat die grond gevat kan word.

My bloed kook, en ek hoop daai “sweer” waarvan jy praat, is om die draai,want my mense word vermoor en niks word daaraan gedoen nie

Lindie Lourens ·

Wat sal die barbare nounog uitdink? As hulle net hulle Godgegewe breine nuttig en produktief wil aanwend en nie toelaat dat die duiwel hul beheer nie. Ai, ai, ai!

jaycee ·

Wag so bietjie…….dis nie God wat sulke breine aan mense gee nie!

Eddie ·

Ongelukkig sal ons Pres…. nee… Zuma nie die artikel lees en so diep treurig voel oor wat in ons land aangaan soos ons nie. Ons wil regtig voortbou op ‘n land waarop ons trots was, help ons Zuma!

Jo ·

Eddie, daar is nie ‘n manier hoe zoema ons sal help nie. Of wil help nie. Op hierdie manier word die boere stelselmatig uitgemoor sodat die plase moet onbenut le sodat dit makliker afgeneem kan word en as daar niemand meer bly of boer nie, dan is daar mos ook niemand om te “vergoed” vir die plaas nie. Sodoende spaar die regering sommer ook ‘n klomp geld wat hulle weer aan Kentucky kan bestee…….

Theresa ·

Ja en so hou dit aan en aan en aan en aan. Elke liewe dag moet jy lees van plaasaanvalle. Mense wat hul lewe lank werk vir hul eie plekkie en jy is nie eers meer veilig daar nie. ‘n Wilde dier doen nie eers sulke dinge aan ander nie. Dis slegte gemors wat heeldag sit en goed uitdink om maklik dinge te bekom. En moenie vir my sê daar is nie werk vir almal nie. Laat hulle dan beeste oppas by Nkandla of Malema se kar gaan was. Want hulle beloof mos vir almal maanskyn en rose.

Johan ·

Job 24:14 Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief.
Job 24:15 En die oog van die owerspeler neem die skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit ‘n sluier voor sy gesig.
Job 24:16 In die duisternis breek hulle in die huise in; bedags sluit hulle hul op; hulle ken nie die lig nie.
Job 24:17 Want vir hulle saam is die stikdonker ‘n môrestond, want hulle ken die verskrikkinge van die stikdonker.

rudi ·

Ons moet terug gaan na; n oog vir n oog en n tand vir n tand

chris ·

aggenee! wanneer gaan hierdie wreedheid teen boere eindig?? my hart bloei vir ons toekoms en hede!

magda ·

Dit sal nooit op hou nie . Hule moet die doodstraftraf trigbring dit is al wat hier die land gaan reg kom maar hule sal nie .jare gelled waneer die doodstraf daar was het ons nie al hier die ding gehad nie
As hule iemand dood maak en hule kry hom laat hule net een keer n voor beld van hom maak

J.Z ·

Die wat die meeste skuld aan die op treede van die mense het is die regering {as jy hul dit kan noem} Die ANC, en gieterkop self.Hul stil goed keuring en ontkenning van die plaas moorde en aanvalle en hul hande in onskuld wil was en ander pad kyk is die grootste aanspooring vir die optreede.

Drieks ·

Ek stem, hierdie regering het ons leer in haat lewe. Ons kort dringend ‘n omdraai en die Anc gaan nie die omdraai bring nie.

Laetitia ·

Praat van wreed so jaar terug het hulle Swart kinders in swart pastoor se kerk gekry opgesny en in swart sakke gesit dis hulle eie mense wat aan hulle eie nasie doen nerens hoor ons in enige stadium wat ons ingegaan en hulle gemartel daar was wel enkel gevalle in opdrag van regering maar jan alleman het dit nooit gedoen. Wat hier gebeur is direk van invloed vanaf politieke partye wat die wittes wil verdryf as jou ministers uitlatings maak soos Zuma glo mnr Mandela sou skaam gewees het as hy hoor wat se nonsens hulle kwyt raak geen wonder hulle haat ons so

JP ·

Ek het in 1992 nee gestel. Toe is ek uitgekryt as awb en stupid. Ek her vir die np minister van kommunikasie geskryf en gese dit gaan gebeur. Nou ja. As Jy destyds ja gestem het, dis waarvoor jy gestem get. 67% het ja gestem. Deal with it.

Jamie ·

Ag nee JP – as ons na jou geluister het was niemand van ons meer hier nie. Dit is vreeslik wat gebeur op die plase en elders. Wat ons nodig het is n Mandela en n polisiemag wat funksioneer. Ek dink ons kan almal by Armand en Doulina leer wat christenskap en geloof is.

Clio ·

Armand jy en Doulina soos ons jul ken LEEF Jul Christen skap. Jul m vporbeeld nog altyd gewees. Ons Almagtige slaap nie.

jacques ·

Die probleem is groter as wat julle werklik dink.Die lot wat nou so boere doodmaak ens gaan een van die dae n naam he.Ons moet maar net aanhou glo aan God en nie moed opgee nie.En as dit moet sal ons maar die guns moet gebruik om ons bas te red,die rykes wat alles toegelaat het sal natuurlik eerste vlug en die res van ons aan ons eie lot oorlaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.